Wat jy van iemand sien, is nie altyd al wat daar is nie, want so dikwels sien die mense tuis ’n ander kant van ’n lewensmaat of ouer. Maar moenie die kind met die badwater uitgooi en dit as sy “ware” kant afmaak nie, want dis net ’n deel van die mens; ’n deel wat hy of sy ook moet erken en hanteer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Rita* se man is ’n predikant. En sy ken daardie donker kant waarvan net die huismense weet. “My man is ’n geliefde en goeie dominee. Baie mense dink hy is ’n wonderlike pa en man. En hy is. Maar ongelukkig net op die preekstoel en in konsultasie in sy studeerkamer. Niemand weet hoe hy is as daar nie ander oë en ore is nie. Vir ander het hy tyd, ’n sagte oor en vir hulle doen hy moeite en bied hy ondersteuning. Dis asof hy floreer as hy die held kan wees. Hy is ’n sterk en gerespekteerde man. Hy preek met charisma en mense luister graag na hom. Maar sy preke maak my naar, want sy praatjies oor liefde, genade en vergifnis is net kanselpraatjies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“By die huis is hy bot en ontoeganklik, praat hy min en kan nie liefde wys nie. Ons kinders is bang vir hom, sal nie sommer met ’n probleem na hom toe gaan nie. Ons loop op eiers, te bang vir sy buie, want as jy aan aan sy verkeerde kant kom, loop jy deur onder sy woede en kritiek. Dan hoor ons ons het nie respek vir hom as hoof van die huis nie, of erger, ons het nie respek vir God nie. Hy het die enigste en laaste sê. Sy woord is wet. En as jy hom durf teëgaan of bevraagteken, word jou kop gewas. Van die kerkpraatjies (wat ek tog glo hy opreg bedoel) is daar min sprake – nie in sy houding, stemtoon of taal nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“En as hy maar net kon erken hy doen verkeerd en soms om verskoning kon vra, sou dit seker nog vir ons aanvaarbaar wees. Maar dit laat sy ego, of emosionele blindheid en verlede hom nie toe nie. Dis altyd ons skuld dat hy so optree. “Hy is nie altyd so nie, maar hy is te veel kere so. Dit kleur ons gesinsverhoudinge negatief. Soms, as hy ontspanne is en dinge presies volgens sy wil verloop, het ons goeie tye, hoewel die ding dit vir my baie moeilik maak om emosioneel na aan hom te bly. Al manier waarop ek oorleef, is om elke voorval maar te vat, niks te sê nie, en dit onder die mat in te vee en te wag dat die atmosfeer in die huis mettertyd uitwas. “Hy het geen idee hoe hy sy kinders van hom vervreem nie. Hy sukkel ook met sy kollega, want as ander nie met hom saamstem en hom bewonder nie, weet hulle nie waarvan hulle praat nie. Dit maak dat hy eintlik nie van sy werk hou nie en nie gelukkig is nie. Maar hy sien dit nie in nie. As ek nou ’n oorlog wil hê, moet ek in daardie rigting met hom praat.”
Mense wat emosioneel ’n dubbele lewe ly, het nie ’n benul van wat hulle misloop in terme van intieme, naby-verhoudinge in hul binnekring en ook in terme van hul eie lewensgeluk nie. Simon vertel van sy vrou: “Jong, omtrent almal wat my vrou ken, dink sy is ’n yster: aantreklik, innemend, netjies, ’n raakvatter wat kan organiseer, uitstekend in haar werk. (Te goed om waar te wees!) Mense hang aan haar lippe, mans bewonder haar. Ons huis en kinders lyk altyd goed. Maar glo my, dit kom teen ’n baie hoë prys, ene wat ek nie meer weet of ek wil betaal nie. “Jy weet, tuis is daar ’n gewone man en kinders, nie werknemers of onderdane wat elke oomblik van die dag kan of wil spring om dinge volgens haar perfekte standaarde te doen nie. Van buite af lyk dinge dalk mooi, maar hier binne gaan dit vrot. “En alles is iemand anders se skuld, meestal myne, nooit hare nie. Sy is die martelaar, die een wat swaarkry, dan die slagoffer, dan weer die regter, die aanklaer, die vervolger. Maar nooit die skuldige nie. En sy beheer en straf ons met haar emosies. Gaaf as ons toegee en dinge sonder teëstribbeling volgens haar wil doen, anders kry ons woede, die stywe lip of die yskoue stiltes: emosionele manipulasie en tantrums. En dis of sy ’n geveg soek. Sy het die kuns vervolmaak om haar mening met soveel oortuiging op my af te dwing dat ek gewoonlik die een is wat skuldig voel, terwyl sy die een met die tantrums en onbillike eise is.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Waarom kom jou of jou maat se donker kant na vore?
Hoe hanteer jy dit?
Maar gelukkig kán mense en verhoudinge verander, as jy net wíl en daaraan wérk. Krisisse en probleme is dikwels net wat jy nodig het om te groei en te kry wat jy so graag wil hê.
*Skuilname is gebruik en verhale is met betrokkenes se goedkeuring vertel.
* Die manlike vorm geld ook die vroulike.
Anys Rossouw is ’n sielkundige in Menlopark Pretoria 082 801 1830 anys@worldonline.co.za
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.