Dit was egter glad nie die geval by die Fishoek Co Restaurant in Irene Village Mall nie. Alhoewel die restaurant uit sy nate gebars het, was die personeel koel en kalm onder hierdie soort druk- en vriendelik.
Die kelder het deurgaans seker gemaak ons het meer as genoeg om te eet en drink. Hy was ook baie behulpsaam wanneer dit by die kies van disse kom (’n moeilike keuse aangesien hulle spyskaart baie omvattend is). Dit is egter sy poging om die Paternoster wyn in perfekte Afrikaans uit te spreek, wat my bybly.
En het ons geëet! Vir voorgereg het ek die kalamari probeer met sy geurige bottersousie. Heerlik! Net genoeg van ’n lekkerte om as sonde beskryf te word.
Vir hoofgereg het ek die Bruce Lee sushi bord bestel (Jackie Chan was ook daar, maar Bruce Lee het meer gewaagd geklink. Hy is immers ‘n man wat kan.) Ek is baie kwaai wanneer dit by sushi kom – die storie moet nie halfpad mond toe uitmekaar val nie. Dit was egter hemels. Ek het nog net by die Koi restaurant in Lynnwood soveel lekkerte geniet.
Die manne in my gesin het die sirlion en steak fillet gehad. Teen die spoed wat hulle dit verorber het neem ek aan hulle was meer as beïndruk.
Na vele glase rooiwyn om te probeer plek maak vir poeding het ek die crème brulee gehad. Teen hierdie tyd was ek al so beïndruk deur die diens en kos dat ek die eienaar lag-lag om die hals wou val. Aangesien dit ’n familiedag was, het ek egter daarteen besluit.
Vir meer inligting oor die Fishoek restaurant kan jy hulle webtuiste besoek: www.famousfishoek.co.za of hulle kontak by 012 662 3828
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.