Dit was ’n aand propvol pret, trane, spoggerige rokke en beslis ook skok! Jimmy Kimmel was vanjaar se gasheer en ons kan in alle eerlikheid sê dat hy sy taak goed afgehandel het.
Die hoogtepunte
Viola Davis, bekend vir haar rolle in How to get away with Murder, Won’t back down en nou ook vir Fences, het uiteindelik haar langverwagte Oscar gekry! Sy het die toekenning vir beste ondersteunende aktrise vir haar rol as Rose Maxon in Fences ontvang.
Die hoog besingde La La Land is ’n yslike 14 keer genomineer en het met 6 ( amper 7 …) Oscars huis toe gestap. Emma Stone is as beste aktrise vir haar rol in La La Land aangewys. Sy is benoem saam met groot name soos Issebelle Huppert, Ruth Negga, Natalie Portman en Meryl Streep.
Die baie gewilde animasiefilm The Jungle Book is as die film met die beste visuele effekte aangewys, terwyl Suicide Squad die Oscar vir die beste haarstyle en grimering gekry het.
Gaan kyk gerus wie genomineer is en wie op die einde as wenners huis toe is
Maar die hoogtepunt (dalk in hierdie geval ook ’n laagtepunt) van die aand was die aankondiging van die grootste toekenning: ‘Best Picture’ (die beste film vir 2016) en dié oomblik by vanjaar se Oscars het beslis geskiedenis gemaak. Die aanbieders Warren Beatty en Faya Dunaway het per ongeluk aangekondig dat La La Land die wenner is terwyl die toekenning eintlik bedoel was vir Moonlight. Die gehoor het nie moeite gedoen om hulle skok weg te steek nie en asems is skerp in getrek. Die ergste is, La La Land was reeds op die verhoog besig om hulle toekenning te vier en Fred Burger was in die middel van sy bedankings toe die regisseur, Jordan Horowits, skielik die mikrofoon vat en aankondig dat La La Land teen Moonlight verloor het. Die oomblik was vir almal te groot en niemand kon die regisseur ernstig opneem nie. Moonlight het eers besef dat hulle regtig gewen het toe Horowits die koevert by Beatty gryp en vir die gehoor wys wat daarop getik staan.
Fred Burger se woorde: “By the way, we lost,” het die gehoor laat besef dat dit nie ’n grap is nie, maar wel die werklikheid.
Die raaisel is opgelos
Later is daar verduidelik wat gebeur het. Daar is elke jaar net twee persone wat weet wie ’n Oscar wen voordat almal anders weet. Dit is gewoonlik twee rekenmeesters van PricewaterhouseCoopers. Die persoon wat die wen-koevert vir die aanbieders moes gee, was vanjaar Ev Williams en hy het per ongeluk die koevert vir ‘Actress in a leading role’ aan Warren Beatty oorhandig in plaas van die een vir ‘Best Picture’. Hy het later op Twitter verduidelik presies wat gebeur het:
I guess Warren and Leo came from opposite sides https://t.co/wOcicSEg5Cpic.twitter.com/EUEf1nO2gi
— Ev Williams (@ev) February 27, 2017
CNN International se twiet verduidelik:
An #Oscars moment that will go down in history: “Moonlight” wins best picture after baffling on-stage flub https://t.co/zYCUsClrf4pic.twitter.com/1ZCCulYxWo
— CNN International (@cnni) February 27, 2017
Dit het ’n rukkie geduur vir die skok om in te sink. Kyk net die gehoor se gesiguitdrukkings:
This picture means everything. #oscars#moonlight#lalaland#Meryl#TheRock#DwayneJohnson#Affleck#BestPicturepic.twitter.com/yjrbEVxWig
— Ry (@Sci_Ry) February 27, 2017
Die grappe op Twitter het ingestroom:
“Repeat after me…”
“I, Ross”
“I, Ross”
“Take thee Moonlight”
“Take thee La La Land…”#Oscars
— Nick Turner (@NicholasGlennT) February 27, 2017
Actual footage of how the #BestPicture incident at the #Oscars went down pic.twitter.com/ypMbwxJIPx
— C 신디 ✨ (@BloodSweatWings) February 27, 2017
Lets be honest, last night’s #Oscars gaffe isn’t the worst ‘wrong name’ announcement!
We all know what is… #Friends pic.twitter.com/DFwJbIIM0b
— Dom Stirling (@domstirling12) February 27, 2017
#BestPicture craziness at the #Oscars this year. #lalaland & #moonlight …totally HARVEY’D! pic.twitter.com/gfsIx4YzCQ
— The Flippist (@TheFlippist) February 27, 2017
Gosling: I switched the envelopes. #Oscars pic.twitter.com/f3nEHoCSBz
— Ingrid Jonach (@IngridJonach) February 27, 2017
Envelope person you had ONE job #Oscars #BestPicture pic.twitter.com/sKo7CCa3Ey
— Sandy raN (@SandyraN4) February 27, 2017
? Basically. #Oscars #BestPicture pic.twitter.com/zLvzjvmV2V
— Sarah Nawab (@SarahNawab) February 27, 2017
And in that moment we were all Meryl? #BestPicture #Oscars pic.twitter.com/ycreQ0X6jK
— Michelle Hoehne (@michellehoehne) February 27, 2017
Exclusive footage of @LaLaLand accepting the #BestPicture award at the #Oscars pic.twitter.com/Gcy6ae39vB
— Pere Bosch (@pereboschg) February 27, 2017
La La Land, en veral die regisseur, het die skokkende oomblik met grasie hanteer en Moonlight se regisseur,Barry Jenkins, het hulle daarvoor bedank:
#Moonlight wins #BestPicture at the #Oscars but La La Land is announced as the winner by mistake https://t.co/fIrmYIZZIN pic.twitter.com/j5holX7s8X
— The Telegraph (@Telegraph) February 27, 2017