kategorieë: Kalender

‘The Empty Shop’-insamelingsgeleentheid

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vanjaar sien die derde instelling van The Empty Shop, ’n baanbreker inisiatief wat jaar na jaar ’n verstommende aantal klere donasies ontvang. Nie net is dit ’n prettige manier om die feestyd mee af te skop nie, maar dit bied ook die geleentheid om jou deel vir liefdadigheid te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die konsep is baie eenvoudig: skenk, stileer en maak leeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Alle deelnemers word aangemoedig om enige tweedehandse kledingstukke te skenk sodat dit saam met ander donasies as volle uitrustings op winkelpoppe uitgestal kan word. Dié donasies sal dan aan die einde van elke dag bymekaargemaak word sodat die winkel weer leeg en gereed is om die volgende dag se klere te ontvang. Die enigste vereiste is dat klere skoon en in ’n goeie kondisie is.

The Empty Shop is egter nie net oop vir klere-donasies nie, maar aanvaar ook enigiets van bykomstighede tot kinderboeke en –speletjies mits dit alles in ’n goeie kondisie is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

*Alle donasies sal aan HospiceWits geskenk word.

Waar: Checkers Court in Sandton City

Wanneer: 29 Okt. – 20 Nov.

Tyd: 09:00 – 20:00 (Maandae tot Saterdae) 09:00 – 18:00 (Sondae)

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

2 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.