“Empaths”: 16 wenke om jou energie te beskerm en te herstel

Deur Mariette Snyman. Foto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe om te voorkom dat jy negatiewe energie absorbeer

1 Wanneer jy ’n onaangename emosie of fisieke simptoom ervaar, vra jou af: is dit myne of kom dit van iemand anders? As die vrees, woede, ensovoorts joune is, stel vas wat jou ontstel het. Gebruik professionele hulp indien nodig. As jy byvoorbeeld pas ’n komedie gaan sien het en tuis kom met depressie of lae rugpyn, mag dit wees dat jy dit opgetel het by iemand wie se energieveld met joune oorvleuel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Indien jy agterkom iemand se stres affekteer jou, kyk of jy minstens sewe meter ver kan wegbeweeg. Ervaar jy verligting? Moet jou nie steur aan die gedagte dat jy ander kan aanstoot gee nie. In ’n openbare plek kan jy eenvoudig na ’n ander plek of sitplek skuif.

3 Elkeen van ons het ’n spesifieke liggaamsdeel wat kwetsbaar is en ander se stres makliker absorbeer. ‘Skandeer’ jou liggaam om agter te kom waar dit is: Jou nek? Hoofpyn? Blaasinfeksies? Kry jy dikwels ’n seer keel? Sodra jy ongemak in daardie area voel, moet jy jou handpalm daar sit en aanhou om loving-kindness daarheen te stuur tot dit beter voel. As jy chroniese depressie of pyn ervaar, doen dit daagliks om jouself te versterk. Dis vertroostend en laat jou veiliger en meer optimisties voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Wanneer jy emosionele of fisieke stres optel, tree onmiddellik op: doen ’n noodmeditasie, die sogenaamde Guerilla Meditation. Jy kan dit tuis of by die werk, tydens ’n konferensie of by ’n partytjie doen, verkieslik in ’n private ruimte soos die toilet. Kalmeer jouself. Mediteer ’n paar minute lank. Fokus op liefde en positiwiteit.

5 Stel gesonde grense. Sê “nee” wanneer ’n situasie of persoon jou dreineer. Onthou, “nee” is ’n volsin. Jy hoef geen rede te verskaf nie.

Wanneer jy emosionele of fisieke stres optel, doen onmiddellik ’n Guerilla Meditation

6 Visualiseer beskerming om jou. Navorsers het bewys dat visualisering ’n genesende liggaamsieltegniek is. ’n Praktiese vorm van beskerming wat baie mense – onder meer gesondheidsorgpraktisyns met moeilike pasiënte – gebruik, is om ’n “koevert” van wit lig om jou liggaam te visualiseer. Met besonder toksiese mense kan jy ’n gevaarlike swart luiperd visualiseer wat jou energieveld patrolleer en indringers buite hou.

Om jou energie te herstel

7 Die ruimtes tussen die werwels in jou lae rug kan jou help om pyn uit jou liggaam te elimineer. Jy kan leer om stres bewustelik uit hierdie gebied te verdryf. Vind ’n X-straal van die lumbar spine op die Internet. Bestudeer dit tot jy die basiese anatomie daarvan begryp. Visualiseer dan doelbewus hoe die pyn uit hierdie spasies glip en jou liggaam verlaat. Groet die pyn terwyl dit met die reusagtige energie-matriks van die lewe integreer.

8 ’n Vinnige manier om stres op te los is deur te bad of te stort. Na ’n besige dag kan ’n bad alles wegwas, van die uitlaatpypgas wat jy ingeasem het tot die stres van ure in ’n vliegtuig, of simptome wat jy van ander geabsorbeer het.

9 Skop die dag af deur ’n stelling (affirmation) wat jou dankbaarheid uitdruk ’n paar keer te herhaal, instede daarvan om te fokus op alles wat jy moet doen.

Die delikate geur van rooswater verdryf ’n emosionele “hangover”

10 Doen die drieminute-hartmeditasie deur die loop van die dag sodat daardie energie jou fondasie bly, instede van vrees: asem negatiewe energie en stres uit, en asem krag en klaarheid in.

11 Vertrou jou intuïsie wanneer jy die mense kies wat jy in jou binnekring toelaat. Bly sover moontlik weg van mense wat jou tap omdat hulle jou energie steel.

12 Wees lief vir jouself. Jy is ’n kosbare wese. Onthou dit.

13 Gebruik soutlampe. Dit produseer negatiewe ione wat die lug suiwer van stof, skimmelspore, stuifmeel, sigaretrook, bakterieë en virusse. Sommige mense reken hulle raak ook ontslae van negatiewe energie in ’n huis, kantoor of ander ruimte.

14 Spuit rooswater in die vertrek, of span ander vorms van aromaterapie in. Die delikate geur van rooswater verdryf ’n emosionele hangover. Jy kan ook laventel- of pepermentolie inasem, of ’n geurverspreider (diffuser) gebruik. Maak jou keuse uit die volgende essensiële olies: laventel, peperment, juniper, salie, wierook of mirre. Gebruik goeie olies en vermy sintetiese olies wat toksiese bestanddele kan bevat.

Anker jouself deur kaalvoet op die grond te loop

15 Ervaar die heling van die natuur. Gee ’n boom ’n drukkie. Anker jouself deur kaalvoet op die grond te loop. Geniet blomme. Hou ’n klippie in jou hand. Asem vars lug in (om suurstof in te asem is ’n behandeling vir babalaas).

16 Kry emosionele steun indien jy sukkel om ’n toksiese interaksie – sê maar met ’n narsistiese baas of ’n kritiese lewensmaat – te verwerk. Praat die situasie met ’n terapeut of vriend deur. Dit gee jou die geleentheid om jou gevoelens uit te spreek en enige oorblywende negatiwiteit te verdryf.

Hou aan om hierdie strategieë toe te pas. Deur jouself en jou ruimte te beskerm, hou jy negatiwiteit van jou weg. Bly kalm wanneer jy wel iets onaangenaams absorbeer. Gebruik ’n tegniek om daarvan ontslae te raak.

So kan jy veiliger en gesonder leef, en jou empatiese sensitiwiteit laat floreer.

Sien ook drjudithorloff.com

Lees ook: Introvert-ma, oorleef jou ekstrovert-kind se partytjie

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

34 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.