kategorieë: Ons menseBekendes

Emma Watson en haar rooitapytfout

Deur Catherine Schenck. Foto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die aktrise Emma Watson het asemrowend gelyk by die 2018 Oscars-partytjie wat op 4 Maart 2018 plaasgevind het. Omdat sy ’n sterk ondersteuner is van vrouebemagtiging en geslagsgelykheid, neem sy gereeld deel aan bewegings wat op vroue fokus. Sy is tans ernstig oor die Time’s Upbeweging wat seksuele teistering probeer aanspreek en het al aan verskeie veldtogte namens hulle deelgeneem en skenkings aan hierdie en soortgelyke bewegings gemaak. So ernstig, inderdaad, dat sy ’n tydelike tatoeërmerk op haar arm aangebring het vir die geleentheid om haar ondersteuning vir die beweging te wys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die enigste probleem is dat daar ’n leestekenfout op hierdie aanplakmerkie was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In plaas van Time’s Up lees dit Times Up.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Diegene wat dit raakgesien het was nie juis genadig nie. Mense het haar op sosiale media daaroor gespot en grappe gemaak. Maar gelukkig het Emma ’n sin vir humor. In reaksie op die fout het sy op Twitter gesê: “Fake tattoo proofreading position available. Experience with apostrophes a must.”

Fake tattoo proofreading position available. Experience with apostrophes a must.

Lees ook waarom mense tatoeërmerke kry

Lees ook: Plaaslike bekendes met tatoeërmerke

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

14 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

14 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

14 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

14 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

15 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.