Deur Catherine Schenck. Foto Pexels
Die aktrise Emma Watson het asemrowend gelyk by die 2018 Oscars-partytjie wat op 4 Maart 2018 plaasgevind het. Omdat sy ’n sterk ondersteuner is van vrouebemagtiging en geslagsgelykheid, neem sy gereeld deel aan bewegings wat op vroue fokus. Sy is tans ernstig oor die Time’s Up–beweging wat seksuele teistering probeer aanspreek en het al aan verskeie veldtogte namens hulle deelgeneem en skenkings aan hierdie en soortgelyke bewegings gemaak. So ernstig, inderdaad, dat sy ’n tydelike tatoeërmerk op haar arm aangebring het vir die geleentheid om haar ondersteuning vir die beweging te wys.
Die enigste probleem is dat daar ’n leestekenfout op hierdie aanplakmerkie was.
In plaas van Time’s Up lees dit Times Up.
oops… Hope it’s just a temporary tattoo… https://t.co/QJTUFaRTwE pic.twitter.com/yOUIsg6LXf
— All4Women.co.za (@all4women) March 6, 2018
Diegene wat dit raakgesien het was nie juis genadig nie. Mense het haar op sosiale media daaroor gespot en grappe gemaak. Maar gelukkig het Emma ’n sin vir humor. In reaksie op die fout het sy op Twitter gesê: “Fake tattoo proofreading position available. Experience with apostrophes a must.”
Fake tattoo proofreading position available. Experience with apostrophes a must.
— Emma Watson (@EmmaWatson) March 5, 2018
Lees ook waarom mense tatoeërmerke kry
Lees ook: Plaaslike bekendes met tatoeërmerke