kategorieë: Bekendes

Emilia Clarke oorleef lewensbedreigende brein-aneurismes

Emilia Clarke oorleef lewensbedreigende brein-aneurismes deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Rexfeatures / Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Emilia Clarke, bekendste vir haar rol as Daenerys Targaryen in Game Of Thrones (GoT), het onlangs in ’n essay in The New Yorker onthul dat sy twee lewensbedreigende brein-aneurismes oorleef het kort ná die verfilming van die eerste seisoen van GoT. En dit alles terwyl sy nog in haar vroeë twintigs was!

Die einde van ’n era vereis gewoonlik refleksie, en terwyl Game of Thrones-aanhangers angstig wag vir die finale seisoen om te arriveer, het die sterre van dié trefferreeks ook aan die einde van hulle GoT-reis gekom. In haar terugkyk op haar reis as Daenerys Targeryen, het Emilia Clarke vir die eerste keer die sluier gelig oor haar noue ontkomings met brein-aneurismes in 2011.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die 32-jarige aktrise, wat die rol vertolk van die “beskermer van die sewe koninkryke”, skryf dat sy haar eerste aneurisme op 11 Februarie 2011 gehad het terwyl sy saam met haar persoonlike afrigter geoefen het. Sy onthou die kwaai hoofpyn wat begin het terwyl sy nog besig was om haar oefenklere aan te trek. “Ek was so uitgeput dat ek skaars my tekkies kon aantrek. Toe ek met die oefensessie begin, moes ek myself deur die eerste paar oefeninge dwing,” skryf sy.

Sy skryf hoe sy eers die pyn probeer ignoreer het terwyl sy aanhou oefen, maar dat sy op ’n stadium net nie verder kon nie. Sy het toe vir haar afrigter gesê dat sy ’n ruskans nodig het.  “Ek het op ’n manier by die kleedkamer uitgekom, byna gekruip. Ek het by die toilet uitgekom en op my knieë afgesak. Op ’n sekere vlak het ek besef wat gebeur: my brein is beskadig.”

Sy onthou nie alles nie, want daardie dag se gebeure het “lawaaierig en vaag geword”. Maar sy  onthou wel die geluid van ’n sirene, dat sy gal opgegooi het en dat iemand gesê het haar pols is swak. By die hospitaal is sy dadelik gestuur vir ’n MRI-skandering. Die diagnose was verpletterend: ’n subaragnoïede bloeding. Of, in leketaal, ’n lewensbedreigende tipe beroerte wat veroorsaak is deur bloeding in die spasie rondom haar brein.

Op die ouderdom van 24 moes Emilia Clarke ’n vrystellingsvorm teken vir breinchirurgie. Min het sy geweet dit sou nie haar laaste breinoperasie wees nie.  Dié eerste operasie is wat bekend staan as ‘minimaal indringend’ en het drie uur geduur. Toe sy ná haar operasie wakker word het sy “ondraaglike pyn” ervaar. Sy was uitgeput, met ’n buis in haar keel, beperkte visie, intense naarheid en het geen idee gehad waar sy is nie, maar die operasie was suksesvol.

Vier dae later is sy oorgeplaas na die intensiewe sorgeenheid. Haar dokter het gesê dat haar kanse op herstel goed is as sy tot by die twee-week merk kon kom sonder enige komplikasies.  Een nag, nadat sy reeds die belangrike twee-week merk verbygesteek het, is Emilia deur ’n verpleegster wakker gemaak vir ’n reeks kognitiewe oefeninge. Sy is onder meer gevra wat haar naam is, maar die aktrise kon nie antwoord nie…

Emilia het gely aan afasie (spraakverlies) as gevolg van die trauma waardeer haar brein is. Afasie is ’n toestand wat spraak, skryf en taalbegrip aantas. Sy is terug na die intensiewe sorgeenheid, en ’n week later het die afasie verdwyn. Maar Emilia se dokter het haar ingelig dat sy ’n kleiner aneurisme aan die anderkant van haar brein gehad het “wat enige tyd kon ‘opduik’.”

Na ’n maand in die hospitaal is sy ontslaan, en kon sy aangaan met haar lewe. Maar dit was nie die einde van haar probleme nie.

Na die verfilming van die derde seisoen van Game Of Thrones in 2013, is daar met ’n breinskandering (iets wat sy nou gereeld moes ondergaan) opgemerk dat die tweede kleiner aneurisme in grootte verdubbel het. Emilia moes weer ’n prosedure ondergaan, maar dié keer het iets skeef geloop en die aktrise het intense pyn ervaar.  Die operasie het misluk.

“Ek het massiewe bloeding gehad en die dokters het dit duidelik gemaak dat my kanse op oorlewing skraal was as hulle nie weer opereer nie.”  Die operasie moes dadelik gebeur, en hierdie keer moes hulle ’n gedeelte van haar skedel verwyder.

Emilia het al dié gebeure – die operasies, die afasie, die twee lewensbedreigende aneurismes – geheim gehou en vir die eerste keer vandeesmaand haar storie met die wêreld gedeel in haar essay in The New Yorker.

Emilia beklemtoon dat dit deesdae beter as ooit gaan.

“In die jare sedert my tweede operasie het ek bo alle hoop herstel. Ek is nou honderd persent,” skryf sy in The New Yorker. “Behalwe vir my werk as akteur het ek besluit om my toe te wy aan ’n liefdadigheidorganisasie wat ek saam met vennote van die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State ontwikkel het. Dié liefdadigheidsorganisasie word SameYou genoem, en ons oogmerk is om behandeling te verskaf vir mense wat herstel van breinbeserings en beroertes. Ek voel oneindig dankbaar.”

Wat presies is ’n brein-aneurisme?

’n Brein-aneurisme is ’n toestand wat verband hou met die are in die brein. Sodra een van die are opswel of “opblaas” en bars kan dit lei tot bloeding en staan dan bekend as ’n hemorragiese beroerte.

Die meeste brein-aneurismes kom voor tussen die brein en die weefsels wat die brein bedek. In dié geval staan dit dan bekend as ’n subaragnoïede bloeding, waarmee Emilia eerste gediagnoseer is.

Dink so daaraan: ’n Aneurisme is ’n swakheid in die wand van een van jou brein se bloedvate. Dié swakheid laat die bloedvat met ’n punt na buite stoot. Wanneer hierdie uitbulting bars, kan die druk en verlies aan bloed tot bewusteloosheid of selfs die dood lei.

Dis onduidelik waarom Emilia Clarke haar eerste aneurisme op die jong ouderdom van 24 gehad het. Alhoewel die spesifieke oorsake van ’n brein-aneurisme nie bekend is nie, loop sommige mense wel ’n hoër risiko as ander, veral as hulle ouer is, rook, hoë bloeddruk het of dwelms en alkohol misbruik. As jy bindweefselafwykings, ’n polisistiese niersiekte, of ’n familiegeskiedenis van brein-aneurismes geërf het, kan jou risiko ook hoër wees.

Wat is die simptome van ’n aneurisme?

’n Verblindende hoofpyn, net soos wat Emilia tydens haar oefening met haar afrigter ervaar het, is dikwels die eerste teken van ’n subaragnoïede bloeding. Dikwels beskryf mense dit as die ergste hoofpyn wat hulle nog ooit gehad het, soortgelyk aan die gevoel om deur weerlig getref te word. Sommige van die ander mees algemene simptome van ’n brein-aneurisme sluit die volgende in:

  • Naarheid
  • Braking
  • ’n Stywe nek
  • Sensitiwiteit vir lig
  • Versteurde visie
  • Toevalle (seizures)
  • Hangende ooglede
  • ’n Kortstondige verlies aan bewussyn
  • Verwarring

Hoe word ’n aneurisme behandel?

Daar is twee verskillende behandelingsprosesse vir ’n brein-aneurisme: chirurgiese afbinding, en die inplant van ’n stent (coil) in die aar wat bloedvloei na die aneurisme voorkom. Albei prosedures hou die risiko in van bloeding op die brein en die verlies van bloedvloei na die brein.

Volgens Mayo Clinic is chirurgiese afbinding ’n prosedure waarin ’n neurochirurg ’n gedeelte van jou skedel verwyder om die bloedvat wat die aneurisme veroorsaak te soek en dan ’n klein metaalknip om die nek van die aneurisme te plaas om te keer dat dit lek of bars.

Endovaskulêre stent-inplanting is ’n minder indringende operasie en behels dat ’n kateter in ’n slagaar (gewoonlik die lies-slagaar) geplaas word. Dan stoot die neurochirurg ’n sagte platinumdraad deur die kateter in jou slagaar op en verby die hart tot by die aneurisme. Die stent seël dus dan die aneurisme van die slagaar. Sommige ander behandelingsopsies vir geskeurde brein-aneurismes sluit pynstillers, kalsium-kanaalblokkers en epilepsie-medikasie in.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

12 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.