kategorieë: Bekendes

Elvis se seun

So baie mense wil by Stefan Ludik weet hoekom hy die naam Elvis se seun gekies het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ons groep bestaan uit vier lede. Die kêrel wat kitaar speel se naam is Die Rooi Mamba en ons het saam groot geword op Aranos. Ons het albei verlede jaar Johannesburg toe getrek om musiek te maak. Roxanne en Joanne doen al die dans-bewegings en perkussie in ons groep wanneer ons optree. Ons het hulle verlede jaar by ’n dans-klub in Pretoria ontmoet en gevra of hulle deel van ons groep wil wees. Toe Roxanne en Joanne uitvind wie ek is, stel hulle voor ons noem ons groep sommer Elvis se Seun. Die res is geskiednis. Ek is Elvis jnr. die ware Jakob. My vriende noem my Junior of Elvis se Seun.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Al die jare was ruk-en-rol sy gunsteling musiekstyl.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Omdat ek as ’n stoere boer groot geword het doer in die verre suide van Namibië, is dit seker logies dat my lirieke in Afrikaans sou wees! Die lekker ritme en gevoel van rock-’n-roll het egter gebly! Ons noem ons musiekstyl Boere Rock!”

Soms is die mense skepties en nuuskierig oor of hy nou rerig die ware Jakob is, maar nadat hulle ’n vertoning van die groep bygewoon het, is hulle oortuig, glo Elvis junior.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die kenmerkende ‘rustelose’ bene van my pa is my grootste kenteken, en die lekker lewendige ritmes van my liedjies laat jou nie vir lank stilsit nie – Boere Rock is aansteeklik! Die Rooi Mamba tokkel ’n kitaar soos net hy kan en die manlike gehoor geniet veral die pragtige Roxanne en Joanne se energieke dansbewegings.”

Hy is ’n energieke klong wat wild dans op die verhoog.

“Ek moet sê ek geniet al ons liedjies, want ek hou van dans. As ek nou een moet uitsonder sal dit Boere Rock wees omdat die lirieke uit my hart kom en my laat terug verlang na my land en sy mense.”

Hy is ’n Elvis fan vandat hy kan onthou.

“Sy musiek praat met my en het my van kleintyd af inspireer (nog steeds), om musiek te maak vol passie en gevoel. Sy stem, energie en teenwoordigheid het geen gelyke gehad nie. Dis hoekom hy steeds die koning is van ruk-en-rol.”

Hul eerste CD, “Boere Rock”, is in  winkels landwyd beskikbaar.

“Ons word nou vreeslik baie bespreek vir vertonings, so ’n lekker jaar lê voor! Julle kan maar gaan loer op ons blad
www.facebook.com/Elvisseseun

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.