kategorieë: Bekendes

Elvis Blue: ’n rustige siel

Jy het met Idols onmiddelik bekendheid verwerf.  Watter deel van die ondervinding was vir jou die verrykendste?
Dis altyd verrykend om iets te doen waarvoor jy lief is. As musikant is dit ’n groot voorreg om voltyds musiek te kan maak. Ek het ’n groot deel van my musieklewe spandeer met die hoop dat ek ’n gehoor sal vind. Idols het aan my die geleentheid gebied om my musiek aan ’n groot gehoor bloot te stel. Dit was ’n baie groot voorreg en die ondersteuning wat ek ontvang het van die publiek was uiters verrykend.

Vertel ons meer van jou pad as musikant.
Toe ek 16 was het ek werklik begin ernstig raak oor musiek. Ek het my eerste kitaar vir R30 by ’n vriendin gekoop. Ek het sakgeld nodig gehad en het besluit om op die strate van Rosebank straatmusikant te wees eerder as om ’n kelner te wees by ’n restaurant. Na skool het ek bietjie met my kitaar deur Europa gaan toer en toe ek terugkom het ek kontemporêre musiek gaan studeer. Sedertdien het ek 5 albums gemaak, maar dinge het maar sukkel-sukkel gegaan. Toe ek 30 word, het ek besluit om deel te neem aan ’n sangkompetisie en die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

Jy het hierdie vraag seker al baie gehoor: Waar kom die naam Elvis Blue vandaan?
Ek het so paar jaar gelede ’n jong outjie ontmoet met die naam Elvis Blaauw. Hy was n pasiënt by n sorgsentrum waar ek betrokke was. My vrou het daar gewerk en ek het soms my kitaar geneem en daar gaan musiek maak. Klein Elvis wou graag ’n klawerbordspeler word. Ons het altyd geselsies gemaak en gesê ons moet sy naam ELVIS BLUE maak. Ons het gedink dis nogal ’n goeie naam vir ’n musikant. ’n Paar jaar nadat ek hom ontmoet het, is klein Elvis ongelukkig oorlede. Toe ek moes dink aan ’n verhoognaam, kon ek nie aan ’n beter een dink nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Noem mense jou nog op jou regte naam, Jan Hoogendyk?  Wat verkies jy?
Haha…so ’n mengsel, enige een is reg met my.

Wat het deur jou kop gegaan toe jy hoor jy open vir James Blunt op sy wêreldtoer?

Massiewe opgewondenheid. Sulke geleenthede kom nie sommer elke dag nie en dit is iets waaroor ek baie bly is.

Is jy ’n aanhanger van sy musiek?  Na watter ander musiek luister jy?
Ek is mal oor musiek en lirieke wat emosie kan vasvang. Ek het ’n wye musieksmaak.  My ma is ’n klasieke klavieronderwyseres, so ons huis was altyd vol klasieke musiek. Ek hou ook van bietjie rowwer goed. My gusteling kunstenaars het kragtige lirieke met mooi melodieë. James Blunt maak ook sulke musiek en dus hou ek baie daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy ondersteun ’n paar liefdadigheidsorganisasies.  Vertel ons meer.  Waarom is dit vir jou belangrik?
Hierdie tipe werk verander ’n mens. Of jy nou dienswerk by die huis doen tussen die mense saam met wie jy bly en of jy dit by ’n organisasie doen maak nie saak nie. Dis altyd goed vir ’n mens. Die grootste projek wat ek tans mee besig is, is die Elvis Blue Music Academy. Hier gee ons kinders wat nie normaalweg geleenthede het om musiek te maak nie, die geleentheid om ’n instrument te bespeel. Ons het twee skole: een is in George en die ander een is in Alexandra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Watse tipe kind was jy op skool?
Ek sou sê ek was bietjie van ’n denker:  So effense van ’n diep outjie.

Wie of wat inspireer jou?
Ek is gelukkig om baie interessante mense te kan ontmoet. Die mense wat my die meeste inspireer is die mense wat ongesiens werk om ander se lewens beter te maak. My ma was vir lank ’n enkelouer met vier kinders. Ek ontmoet steeds enkelouers en hulle inspireer my gewoonlik baie. My stiefpa wat vier kinders groot gemaak het soos sy eie, ons huishulp wat deeglik werk al het sy nie baie nie, die mense wat by my musiekskool is wat daagliks mense bedien en help al kry hulle nie baie erkening daarvoor nie. Sulke mense inpireer my baie.

Jy is baie lief vir jou vrou.  Wat laat julle verhouding werk?
Mmmmh…sjoe…dis harde werk om enige iets wat belangrik is te laat werk. Ek dink dis maar net my vroutjie se geduld met my wat dit laat werk…haha. Nee, ons is baie bevooreg dat ons mekaar kon vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe ontspan jy?
Surf en kuier saam met vriende is my gunstelingtydverdrywe.

Wat weet niemand van jou nie?
Ek gril verskriklik vir foelie. Ek haat die klank as iemand daarmee werk.

Beskryf jouself in 5 woorde.
Pa, vriend, musikant, skrywer, dromer.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

2 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

3 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

3 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

4 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

4 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.