kategorieë: Reis

Elke stadsmeisie se droom

Naam
Michelle Nortje

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar ons was
African Pride Melrose Arch Hotel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
Melrose Arch, Johannesburg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soort akkomodasie
Luukse vyfsterhotel met 17 standaarddubbelkamers, 3 standaardkamers met universele toegang, 50 standaardkamers, 35 luukse kamers met ’n uitsig oor die swembad, 12 Presidensiële suites, 1 "penthouse"-suite.

Tariewe
Gaan na www.africanpridehotels.com/hotels/Pages/African-Pride-Melrose-Arch-Hotel.aspx of bel 011 214 6666.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Atmosfeer
Luuksheid, weelderigheid en ’n onverwagte rustigheid in die hartjie van die stad.

Wanneer
29 November 2014

Waar ons oorgeslaap het
’n Luukse kamer met ’n uitsig oor die swembad.

Waar ons geëet het
Laatmiddag-happies: Verruklike mini tortillas, gerookte snoek-patee met varsgebakte brood en eg Suid-Afrikaanse biltong saam met ’n bottel Graham Beck-vonkelwyn in die Library Bar.
Aandete: Fynkos in die pragtige March-restaurant.
Ontbyt: Sjampanje-ontbyt in die March-restaurant met verskillende kouevleise, kase, saadbrood, neute en vars vrugte.

Wat het dit onvergeetlik gemaak
Die rustige atmosfeer in die middel van die stad. Die laatmiddag-kuier op die stoep, terwyl jy wegsak in luukse leerbanke, en natuurlik die gasvryheid en vriendelikheid van die personeel.

Wat het ons fassinered gevind
Die reuk van Davidoff Cool Water-parfuum wat jou asem wegslaan sodra jy by die hotel instap. Later vind ons uit dat die personeel ’n bietjie van hierdie parfuum in die lugverkoeler plaas, sodat die hotel heeldag soos ’n vars briesie ruik.


Styl

As jy in jou hart lief is vir styl, luuksheid en weelde, sal die African Pride Melrose Arch Hotel jou met die intrapslag betower. Fluweel, satyn, Persiese matte, leer … Elke vertrek in die hotel is gesofistikeerd en pas perfek in by die omgewing (wat blykbaar bekend staan as ’n stad binne ’n stad – Melrose Arch). Dit voel asof jy jouself in een van die indrukwekkende hotelle van ’n James Bond-fliek betrap, die personeel hanteer elke gas soos ’n koninklike met gehalte diens waarby enige hoteleienaar kan leer.

Eet in die swembad
Ja, jy het reg gelees. Die uiters gewilde Pool Bar is een van die groot aantreklikhede van die hotel. Hier kan jy ’n ligte middagete geniet, of aan ’n paar skemerkelkies teug terwyl jy, by jou eie tafeltjie, met jou voete in die water sit en kuier. As ek ’n wenk kan gee, neem jou suster of beste vriendin saam. Dit is die ideale plek om saam te lag en gesels.


Ekstra
*African Pride Hotels het 10 hotelle regoor Suid-Afrika.
*African Pride Melrose Arch is in die middel van Melrose Arch geleë, loopafstand van heerlike restaurante en toonaangewende winkels.
*Die kamers het almal individueel beheerde satelliettelevisie, ’n kompakskyf en dvd-speler, ses komplimentêre dvd’s om van te kies, toegang tot 300+ gratis flieks, luukse bad en aparte stort, afstandbeheerde lugversorging, ondervloerse verhitting, ’n minikroeg, tee- en koffiestasie, ’n Presidensiële werkstasie, koordlose verbindings, gratis Wi-fi, ’n kluis, en ’n telefoon waarvan daar direk geskakel kan word.
*Konferensies word hier aangebied
*Vir meer inligting besoek die webblad hier.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.