kategorieë: Ons menseBekendes

Elani Dekker: Die vrou agter Lisa

Die vrou agter Lisa – Deur Zoë Salzwedel . Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Liewe Lisa – die film

Daniel (Hendrik Cronje) het ’n geheime droom om ’n skrywer te word. In sy strewe na opwinding, word hy vasgevang in ’n buite-egtelike verhouding met ’n invloedryke sakeman se vrou. Dinge neem ’n dramatiese wending wanneer hy verlief raak op dieselfde sakeman se dogter, Lisa (Elani Dekker).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ná sy foute bekendgemaak word, roep hy die koers wat die lewe vir hom bepaal het vaarwel en ontmoet hy vir Tom (Zane Meas), ’n visserman wat vir Daniel help om sy ware lewenspotensiaal te bereik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Liewe Lisa begin vandag, 14 Februarie 2019, in rolprentteaters draai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die vrou agter Lisa

Elani Dekker is ’n talentvolle aktrise en danser en het in 2015 haar eerste rol in die rolprent Jou Romeo vertolk. Kort daarna het sy ook een van die hoofkarakters, Pizzaface, in die film Vaselinetjie gespeel – ’n film gebaseer op die gelyknamige roman deur Anoeschka von Meck. Elani sal ook in die hoofrol in Toorbos gesien word wanner dié film in 2020 landswyd vrygestel word.

Maar vandag, op 14 Februarie 2019, sien ons vir Elani as Lisa in die nuwe film Liewe Lisa. Ons het besluit om ’n bietjie met haar te gesels oor haar rol en die verfilming van dié nuwe fliek.

Sonder om die storie weg te gee of enige geheime te verklap, vertel vir ons van Liewe Lisa. Waaroor gaan dié fliek, en wat het dit geïnspireer?
Liewe Lisa gaan oor ’n jong man, Daniel (vertolk deur Hendrik Cronjé), wat taamlik rigtingloos is en nie mooi weet wat om met sy lewe te doen nie. Ons almal was al daar! Hy probeer dinge vir homself uitpluis, maar dis eers toe hy weer vir Lisa ontmoet dat duidelikheid in sy hart begin groei. Daniel en Lisa het baie om te leer en ons gaan saam op Daniel se reis om sin te maak van hul ware liefde.

Hoe was dit om onder leiding van Hendrik Cronjé (regisseur) te werk, én teenoor hom te speel?
Dit was vir my ’n groot voorreg en ’n uitdaging. Hendrik het my baie vryheid gegee en dit was lekker om Lisa as karakter saam met hom te ontdek.

Ten opsigte van skiet, was dit soms ’n uitdaging omdat Hendrik terselfdertyd regisseur én akteur is.

Wie is Lisa? Wat maak haar karakter spesiaal? Kon jy jou met haar vereenselwig?
Lisa kom redelik geheimsinnig voor en ek was mal daaroor om haar menswees se verskillende kante “agter die skerms” te ontdek. Sy is ’n intelligente vrou wat al swaargekry het. Haar ma is oorlede toe sy nog jonk was en sy het vinnig geleer om sterk te wees en haar emosies te beheer.

Tog smag sy na die soort liefde wat haar ouers gehad het toe sy klein was. Sy laat haarself toe om ondanks die risiko steeds verlief te raak en in liefde te glo – dis een van haar eienskappe waarby ek aanklank kon vind.

Was dit vir jou maklik of moeilik om Lisa te speel?
Dit was vir my aanvanklik moeilik om te dink dat ek Lisa kan speel omdat sy tydens die verfilming ’n paar jaar ouer as ek was.

Hoe het jy die verfilming van Liewe Lisa ervaar?
Dit was vir my ’n interessante proses omdat die fliek Liewe Lisa ’n bitter klein begroting gehad het. Ons het ook ’n betreklike kort tydjie gehad om te skiet. Ons het soms tonele op die ingewing van die oomblik geskiet wat beteken het ek moes leer om vinnig rond te spring in die teks, en myself en my voorbereiding sowel as vir Hendrik te vertrou.

Ek het definitief baie geleer tydens die verfilming.

Watter boodskap neem jý uit Liewe Lisa?
Liewe Lisa se storie het my geleer dat dit belangrik is om ’n gesonde en afgeronde mens te wees voor jy gelukkig kan wees in ’n liefdesverhouding.

Wat was vir jou die lekkerste deel daarvan om deel te wees van dié fliek, en waarop wil jy graag hê moet die kykers fokus?
Dit was vir my inspirerend om te sien hoe ’n fliek so totaal onafhanklik gemaak kan word. Ek hoop die kykers besef dat hulle ondersteuning dit letterlik moontlik maak vir ons om aan te hou om stories in Afrikaans te vertel.

Hoe het jy by die fliek betrokke geraak?
Vir die eerste keer in my lewe het ek nie vir ’n oudisie gegaan nie! Hendrik het my agent uit die bloute gekontak en die rol van Lisa aangebied. Hy het iewers van my gehoor en toe ek weer sien, is ek Lisa in die fliek.

Behalwe vir Liewe Lisa wat op 14 Februarie 2019 landswyd begin wys, waarby is jy vanjaar nog betrokke? Is daar enige opwindende produksies of lekker nuus waarna ons kan uitsien?
2019 is ’n jaar propvol verrassings … Ek het geen idee watter avonture vanjaar vir my voorlê nie. Dis altyd opwindend, onvoorspelbaar en ’n avontuur om ’n kunstenaar te wees!

En laastens wil ons weet, as jy jou karakter (Lisa) in een sin moes beskryf, wat sou jy sê, en hoekom?

Lisa is iemand wat haar lewe in diepte ervaar, selfs al probeer sy om haarself te beskerm deur ‘sterk’ te wees.

Kyk gerus hier na die Liewe Lisa lokprent:

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.