Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Klapper-jasmynrys
1 stingel sitroengras (lemon grass) gekneus
250 ml (1 k) jasmynrys, afgespoel
1 x 400 ml-blik klappermelk
125 ml (½ k) water
4 kaffir-lemmetjieblare
3 cm gemmer, gesny
sout
Oosterse hoender
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
400 g ontbeende hoenderdytjies, in 2 cm stukke gesny
5 ml (1 t) John West Chillies, 5 ml (1 t) John West Ginger, 5 ml (1 t) John West Garlic
hand vol groenboontjies, groeipunte afgesny
80 ml (1⁄3 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) oestersous
15 ml (1 e) vissous
10 ml (2 t) bruinsuiker
gekapte basiliekruid-, koljander-, kruisement- en pietersielieblare - ’n hand vol van elk
1 lemmetjie, in wiggies gesny
Instructions
Klapper-jasmynrys 1. Meng die sitroengras, rys, klappermelk, water, lemmetjieblare, gemmer en ’n knypie sout in ’n groot kastrol. 2. Bring tot kookpunt oor matige tot hoë hitte. Verlaag die temperatuur tot op die laagste stelling, bedek en kook vir 12 min. tot gaar en al die vog geabsorbeer is.
Oosterse hoender 3. Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte. Braai die hoender tot goudbruin. Skep die rissie, gemmer en knoffel by en roer deur vir 1 min. 4. Meng die boontjies, aftreksel, oester- en vissous en suiker by. Verhit vir nog 2 min. tot deurwarm. 5. Meng die kruie deur en sit voor met die klapperjasmynrys met lemmetjiewiggies.