kategorieë: Bekendes

Eksklusief: Marisa Drummond (Eintlik Nogal Baie)

Eintlik Nogal Baie is gebaseer op ’n draaiboek, naamlik Ally, met karakters geskep deur Jarrod de Jong.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Met ’n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en ’n storie wat gelaai is met ’n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie, bring Eintlik Nogal Baie ’n dwingende sjarme wat toewyding in ander inspireer,” se de Jong.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ’n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat sy lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ’n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet met haar oorbeskermde pa en haar eks- kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese wyse. Kykers kan defnitief genoeg sneusdoekkies byderhand hou wanneer hulle die film gaan kyk,” voeg de Jong by.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk hier na die video van Marisa Drummond:

Die rolverdeling sluit bekende name soos André Lötter, Marisa Drummond, Zak Hendrikz, Ashmund Martin, Elsabé Daneel, Anton Dekker, Susanne Beyers, Themsi Times, Hein de Vries en ander in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die fliek is geskryf deur Jarrod de Jong en Pieter Oosthuizen (M4gic-J Entertainment), en vervaardig deur Jarrod de Jong. Die regie is behartig deur Jacques Brand (The Blanket, Die Laaste Ure).

De Jong vertrek eersdaags na Brussels, waar hy die opening van die Film Fest Gent gaan bywoon en waar Eintlik Nogal Baie op 11 Oktober 2016 vertoon sal word. In November sal Eintlik Nogal Baie ook by die Razor Reel Flanders Film Festival vertoon word. Dié fees bied aan filmmakers ’n platform en plaas die kollig op talentvolle nuwelinge uit die internasionale mark.

Die temalied van Eintlik Nogal Baie is vroeg in Augustus vrygestel en kan reeds op talle radiostasies landwyd gehoor word. Die liedjie word gesing deur 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek.

“Die liedjie, met dieselfde titel as die film, is ’n liefdesverhaal en storie op sy eie, en ’n mooi ballade wat toewyding in ander inspireer. Dis catchy en het dieselfde effek as wat Roxette se It must’ve been love in Pretty Woman gehad het,” sê de Jong.

1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister.

Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met  MadRobot, The National Film and Video Foundation en The DTI en word deur Times Media Films versprei.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

28 minutes Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 hour Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

4 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

5 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.