kategorieë: OuerskapJou lewe

Eksamentyd: Hoe betrokke moet ouers wees?

Die eindeksamen is om die draai en dis nie ongewoon dat ’n gevoel van angstigheid kan insluip nie. Dis nie net die leerders wat onder druk is nie. Eksamentyd kan ook stresvol wees vir gesinne en die skoolgemeenskap. Ouers en onderwysers wil die regte ondersteuning bied, maar dis nie altyd duidelik wat dit behels nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Esmarel Potgieter, hoof van akademie by Koa Akademie – die Afrikaanse aanlyn skool wat onlangs bekendgestel is – sê: “In matriek ervaar baie leerders en ouers dikwels groot druk, omdat hulle glo dat ’n jongmens se toekoms afhanklik is van hul uitslae. Matriekuitslae word gesien as ’n belangrike maatstaf van ’n skool se akademiese standaard, wat die skool se reputasie en prestasies beïnvloed. In die algemeen wil almal dus uitstaande prestasies sien. Dit is belangrik om hierdie hoë verwagtinge van die begin af te erken en dit behoorlik in perspektief te plaas. ’n Sekere mate van stres en druk is nuttig om prestasie aan te moedig , maar as dit te veel word, raak dit onmoontlik, vir selfs die getrouste studente, om hulle bes te doen. Dit gaan oor die bestuur van ’n tydperk met groot druk, waar baie op die spel is, en om ’n balans tussen prestasie en welstand te vind.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe betrokke moet ouers wees?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die verhouding tussen ouers en kinders verskil so baie van gesin tot gesin, dat dit onmoontlik is om een stel advies te gee wat vir almal geskik sal wees. Ouers behoort tydens eksamentyd hul kinders met empatie te benader.

Esmarel sê: “Dit  help as ouers gedurende eksamentyd oor hulle rol en betrokkenheid dink. Dit gaan oor ondersteuning en aanspreeklikheid. In plaas daarvan om jou rol as ouer te sien as `n aandrywer van prestasie of om heeltemal onbetrokke te wees, is dit beter om jou kind te ondersteun. Dit beteken om belangstelling te toon en jou kind op `n gepaste manier aanspreeklik te hou sonder om oor te neem. Jou kind moet self die verantwoordelikheid vir sy of haar studieskedule en doelwitstelling aanvaar. Gereelde kontrole demonstreer jou belangstelling in hulle vordering en struikelblokke. Dit is ondersteunend en motiverend.”

Tydens eksamens speel ouers ’n sleutelrol deur te help om ’n geskikte en ondersteunende studieomgewing vir hul kinders te skep. Dit gaan nie net om studie nie. Om sy of haar beste prestasie te lewer, moet jou kind gemaklik wees in sy studieomgewing, voldoende slaap inkry, gesond eet, daagliks oefening doen, sosiaal verkeer en blaaskanse neem om asem te skep. Ouers kan help deur op hulle kind se welstand te konsentreer en gesonde gewoontes aan te moedig. In sommige gesinne speel ouers ’n belangrike rol deur afleidings en huishoudelike pligte te verminder. Ouers moet ook waak teen uitstel wat kan lei tot stresvolle, onproduktiewe studie voor die eksamen.

Esmarel sê: “Ouers moet gedurende eksamentyd konsekwentheid en balans aanmoedig. As jou kind desperaat sit en studeer tot tweeuur soggens, is dit ’n rooi vlag en nie ’n teken van toewyding en vasberadenheid nie. Ons presteer op ons beste wanneer ons goed voorbereid en vol selfvertroue is. ’n Mens kan nie jou beste lewer as jy uitgeput en angstig is nie.”

Die rol van die onderwyser

Gedurende eksamentyd speel onderwysers ’n kritieke rol in die voorbereiding van leerders en in die handhawing van ’n duidelike perspektief. Onderwysers dek studievaardighede en eksamentegnieke en bied geleenthede aan om vir toetse te oefen.

Esmarel sê: “Dis belangrik vir die ouers van kinders in aanlyn skole om te besef hulle hoef nie ewe skielik hulle kind se onderwyser te word nie. By Koa werk ons onderwysers met klein groepies van 8 leerders, wat hulle in staat stel om elke leerder individueel te onderteun tydens die eksamenvoorbereidingsfase.”

Raad aan leerders – behou perspektief

Esmarel sê: “Behou perspektief – eksamens is nie ’n skielike ontwrigting van jou skooljaar nie. Dit is net ’n deel van die leersiklus. Alles wat jy deur die jaar doen, fokus op jou eksamenprestasie. Konsekwente aandag aan klaswerk, kursusse en projekte is alles deel van die voorbereiding vir die eksamens. Konsekwentheid lei tot sukses. Dit is dus belangrik om nie eksamentyd as ’n eenmalige verrassing of selfs ’n alleenstaande gebeurtenis te beskou nie. Eksamens is ’n belangrike deel van jou onderrig en jou inspanning oor die langtermyn  lewer die beste resultate.”

Vir leerders wat voel dat hulle hele toekoms op die spel is tydens eksamentyd, is dit belangrik om te onthou dat die lewe kompleks en vol verrassings is. Die toekoms neem dikwels interessante wendings en daar is altyd oplossings en geleenthede in die wêreld. Baie ouers het hierdie werklikheid self ervaar. Deur deur dit met jou kind te deel, kan dit help om onnodige verwagtings of druk te verminder, terwyl die leerder steeds sy beste probeer. As jy oorweldig voel gedurende die komende eksamentyd, is dit belangrik om kers op te steek by ’n ondersteunende ouer, onderwyser of vriend. Onthou, jy is belangriker as enige punt.

Ontdek Koa Akademie; besoek www.koaakademie.com

Lees ook: Kinders: kos wat slim maak

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Skep ’n voëlvriendelike tuin

Skep ’n voëlvriendelike tuin deur Liesl van der Walt. Foto: Kiekie & Kie vir Pexels…

5 hours Gelede

Sjokolade-yskastert

Genoeg vir 6. Tyd: 30 minute. Bestanddele   150 ml dubbeldikroom 100 g botter, in…

6 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Hykie Berg oor sy nuwe boek 

Die bekroonde akteur, entrepreneur en skrywer Hykie Berg se jongste boek, Geroep vir meer –…

6 hours Gelede

Die 8 grootste foute wat jy kan maak as jou vel sensitief is

Vermy hierdie agt foute en keer dat jou sensitiewe vel ‘n reaksie toon.

7 hours Gelede

Heuningkraaklekkers met sjokolade

Mmmm, heuningkraaklekkers met donkersjokolade! Resep deur Vickie de Beer

1 day Gelede

Geslagte se erfenis op Groot Phesantekraal gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts   Daar is baie om op die historiese Durbanville-plaas,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.