Ses tophappies vir toppounte
Die brein is baie sensitief vir dehidrasie. Sit elke dag ’n mooi houer water in die yskas. Stil, ongegeurde water is die beste omdat dit sonder kleur- en geurmiddels is.
Bloubessies met hul rykdom aan flavonoïede help bou jou kind se korttermyngeheue en redeneringsvermoë, sodat hy môre onthou wat hy vandag geleer het.
Neute, volop B Vitamiene, help met energievoorsiening van breinselle, sodat jou kind se brein nie moeg raak nie. Dit help ook om goedvoelstowwe soos serotonien en GABA te bou, sodat jou kind ontspanne en positief bly voel.
Kaas en melk is albei ryk aan kalsium, wat die elektriese ‘bedrading’ van die brein help stabiliseer. Dit ‘reinig’ ook die brein deurdat dit aan skadelike stowwe kan bind en/of verdring en so uitwerk.
Biltong en rooivleis is ryk aan sink, wat noodsaaklik is vir die vorming van lang- en korttermyngeheue, sodat jou kind nie net môre nie maar ook volgende jaar sal onthou wat hy geleer het.
Pampoensaad is ryk aan omega3-vetsure, een van die breinboustowwe, sodat jou kind boumateriaal het vir al die ekstra grysstof wat sy leersessies nou vorm.
Lees ook: Hulp vir eksamenstres