kategorieë: OuerskapJou lewe

Eksamen: studietyd teenoor skermtyd

Ouers wat die erns van eksamenuitslae besef, wil soms in eksamentyd nuwe huisreëls vasstel of ’n algehele verbod op skermtyd plaas. “Dit kan teenproduktief wees,” sê Nola Payne, hoof van die Fakulteit Inligtings- en Kommunikasietegnologie by The Independent Institute of Education, Suid-Afrika se grootste private verskaffer van hoër onderwys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Dis nodig om met kinders ooreen te kom oor hoe elektronika, veral die tyd wat aan sosiale media bestee word, in eksamentyd hanteer gaan word. Ouers kan jong mense help om ’n goeie balans te vind.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hulp vir eksamenstres

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die oplossing is nie om alle interaksie op sosiale media te verban nie. Dit sneller net weerstand, wat ’n positiewe studiebenadering en -omgewing kan benadeel. “Matriek- en ander eksamens is uiters stresvol. Sosiale media kan leerders en studente help om van opgehoopte emosies ontslae te raak deur hul bekommernisse te deel, verwarring oor leerinhoud op te klaar, en mekaar aan te moedig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die oplossing is nie om alle interaksie op sosiale media te verban nie

“Dit is beter om sosiale media uit te skakel tydens gefokusde studiesessies van een tot twee ure, sodat konsentrasie nie onderbreek word nie. Sosiale media kan tydens studiebreuke toegelaat word, verkieslik weg van die lessenaar – in die buitelug, saam met ’n gesonde versnapering.”

Omdat tegnologie vandag ’n integrale deel van kinders se lewe vorm, beveel Nola aan dat ouers hul kinders van kleins af help om verstandig daarmee om te gaan. “Natuurlik is daar gevare en aspekte wat kommer wek, maar tegnologie hou ook talle voordele en geleenthede in. Ons kinders moet die vaardigheid aanleer om sinvol daarmee om te gaan – of hulle nou skoolwerk navors, hoër opvoedingsmoontlikhede of loopbaangeleenthede ondersoek, of hulself vermaak.

Lees ook: Wenke vir eksamentyd

“As gesinne tegnologie reg van die begin af positief en pragmaties benader, bevorder dit vindingrykheid, maak dit hulle bewus van nuwe areas van ondersoek, en help dit hulle om sosiale interaksie beter te bestuur. Ouers kan dit waaroor hulle hulle bekommer gerus eerlik uitspreek. Hulle kan hul kinders mentor en ondersteun deur die regte omgewing in die aanlynwêreld te skep, nes hulle in die fisieke wêreld doen.

“Moedig leergeleenthede aan – aanlyn of andersins – maar stel tydsgrense vir digitale betrokkenheid. Sien toe dat studiemetodes ook pen en papier insluit, en bestuur kinders se digitale sosiale interaksie in eksamentyd. Daar is duisende selfoonapps en sagtewaretoepassings wat leerwerk op prettige en konstruktiewe maniere ondersteun, en wat kan verseker dat studietyd wel studietyd is – nie verskuilde Facebooktyd nie.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.