’n Mastektomie doen iets aan jou psige. Dis oor meer as ontuisheid met die nuwe, vreemde dimensies van jou lyf. Hier is jou vrouwees aangeraak, verander. Die beeld van jouself wat jy met elke verbystap by ’n spieël vang, is soos ’n lewensgroot advertensie wat uitbasuin jou bors(te) is weg. So skielik ook, sonder kans om saam met die verandering te groei tot by vertroudheid met die nuwe feitelikheid van jou lyf. So anders as swangerskap wat jou nege maande gee vir geleidelike aanpassing, of die middeljare wat jou dekades gun. En te vroeg. Jou vriendinne is waar vroue veronderstel is om op jou ouderdom te wees; jy’s in ’n onbekende kategorie ingedwing.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }As jy so daaroor dink, klink ’n onmiddellike rekonstruksie so logies. Jy systap hierdie konfrontasie met borsloosheid en die implikasies daarvan. As jy wakker word, is daar pleisters, ja, maar daar is ’n bors daaronder. Soos altyd.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Maar talle dokters dink ’n onmiddellike rekonstruksie is nié so ’n goeie idee nie; vir baie vroue is die pyn en groter risiko op mislukking nie die sous werd nie; en die jongste navorsing wys dis nie so eenvoudig nie. Dit wat jóú weer mooi sal laat voel, lê dalk op ’n heel ander vlak as die fisieke.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ná sewe jaar voel Annemarie Joubert, mediese tegnoloog in molekulêre biotegnologie, steeds ontuis met haar lyf. “Ek’s te gou in die hele ding ingedruk. Die dokter het daarop aangedring dat ek die mastektomie oombliklik moet ondergaan, saam met ’n gelyktydige rekonstruksie. Ek is geen keuses en g’n tyd gegun om aan die idee gewoond te raak nie. Nee eens ’n week nie.
“Ek was heeltemal onvoorbereid: op die pyn, op die pype uit my bors, op die skielike menopouse ná jou eierstokke verwyder is … op elke aspek van borskanker, mastektomie, terapie en rekonstruksie. Ek het nie geweet óf verwag dat ek twee jaar lank verskriklik pyn gaan hê nie, en natuurlik ook nie dat ek ’n staph-hospitaalinfeksie sal opdoen en maande aaneen dreineringspype sal dra en skoonmaak nie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }*Oorspronklik gepubliseer in Oktober 2004
Vir haar het dit vooraf so prakties en lig geklink – narkose, bors af, nuwe een in sy plek, word wakker en gaan aan. Maar die realiteit was ’n onberekende nagmerrie.
“Jy dink jy gaan minder geskok wees as jy mét ’n bors wakker word, maar die ontnugtering kom steeds, net later.
“Ek het gedink ek gaan weer ‘reg’ lyk. Met klere aan lyk ek seker oukei. Maar ek voel onvoltooid. Nie net omdat ek nie ’n tepel het nie. My lyf is té anders. Omdat ek ’n tramflap gehad het, sit my naeltjie nou baie laag, en as ek gewig aansit, kom sit die vet nie om my middel nie, maar onder my ribbekas. My borste is oneweredig en het geen gevoel nie.”
Anders as Annemarie wat nie verdere rekonstruksie beplan nie, is Frieda Henning al by haar vyfde een. Sy is een van die kontakpersone van Journey of Hope, die groep motorfietsryers wat jaarliks op hul geborgde Harleys die land deurkruis om bewustheid van borskanker te kweek. Onderhoud op haar is hoog, spot sy vrolik.
“Niemand het kon voorspel dat ek ook vir bestraling sou moes gaan nie, en dus het ek rekonstruksie saam met my mastektomie gehad, met ’n dorsi-flap en ’n klein prostese. Maar dit werk nie met bestraling nie, en my liggaam het ’n kapsel daarom gemaak. Dit het geskuif en was uiters ongemaklik. Ons het weer probeer, die keer net ’n prostese.
Weer sonder sukses. Ek wóú ’n derde poging aanwend, en dit lyk of dié een, ’n dorsale tramflap, gaan werk. Ek kry ook ’n tepel, en ek wéét ek gaan reg lyk.
Regtig reg?
“Ek hoop so … maar vroue én dokters is onrealisties in hul verwagtinge . Ek was ook, aan die begin, en dit was nie net my naïwiteit nie. My eerste chirurg het voor die operasie beloof ek sit Desember in my bikini op die strand met ’n begeerlike gleufie. Hy het goed bedoel en ek het heerlik ingekoop in dié prentjie. Maar dit het my nie voorberei op die werklikheid van gerekonstrueerde borste nie. Net die Here kan borste maak – rekonstruksie is nabootsings. Die realiteit is dat jy nooit terugkry wat jy gehad het nie.”
Mariëtte Pitlo ’n vrouegesondheid-fisioterapeut stem saam dat die prentjie wat vir vroue geskilder word, te rooskleurig is.
“Ons wys hulle die vroulike, pienk brosjures met netjiese voor- en na-lynsketse so perfek soos klein kunswerkies – nie foto’s wat die werklikheid van letsels, oneweredigheid en verwringing uitbeeld nie. Hoe-wel jy geskokte vroue nie verder wil ontstel nie, skep ons prentjies van hoop wat weer verpletter kan word. Vroue moet liewer op die sielkundige uitwerking van die proses en die verandering voorberei word.
Dadelik of nie?
Tot onlangs is ’n mastektomie en gelykty-dige rekonstruksie aanbeveel om jou die emosionele pyn van jou borsverlies te spaar. Maar plastiese chirurg Déhan Struwig vertel die jongste navorsingsresultate dui toe aan dat vroue wat ’n onmiddellike rekonstruksie gehad het, ná drie maande net soveel oor hul verlore bors rou as vroue wat deur die trauma van borsloosheid is.
“Vir vroue is die psigo-seksuele persepsies rondom hul borste kompleks, en om te dink ’n knopweefsel gaan dan vergoed vir die borsverlies, is te simplisties. ’n Onmiddellike rekonstruksie spaar vroue nie noodwendig hartseer of aanpassing nie.
“Daar is selfs beter redes vir wag. Die belangrikste is radioterapie (bestraling). Jou vel is daarna baie dun en vatbaar vir infeksie. Wag beslis as jy radioterapie gaan kry. Jy kan ook nie prosteses voor radioterapie kry nie. Dit maak die prosteses hard, wat dan verwyder moet word.
“Ek verkies dat my pasiënte wag en genoeg tyd maak om werklik te besluit wat hulle wil hê en waarvoor hulle kans sien.”
Mariëtte stem saam: “As fisioterapeut sien ek net die vroue met komplikasies. Dit val my op dat my pasiënte meestal dié is wat rekonstruksie direk ná die mastektomie ondergaan het. Natuurlik loop baie onmiddellike rekonstruksies goed af, maar jou risiko’s is beslis baie groter.”
Jy kan selfs teen rekonstruksie besluit, sê Frieda. Dis immers nie verpligtend nie. “Dit het my al opgeval dat goed tagtig persent van veral vroue bo sestig sê hulle wil liewer ’n gemaklike braprostese as ’n rekonstruksie hê. Dit kan jy eers ná jou operasie weet.”
Soos iemand dit stel: Ek is nie skaam vir my geskondenheid nie – dis my rang in die weermag teen kanker.
Déhan beveel aan dat jy jou nooit in ’n rekonstruksie laat inboelie nie. “Gun jou die tyd. Die terapie en mastektomie verg klaar oorgenoeg van jou.”
Jou beste opsie
Die drie maniere waarop jy jou voorkoms terugwen, kom kortliks neer op ’n ingeplante prostese, nuwe borste van jou eie spiere of los braprosteses.
Maar Mariëtte is versigtig vir die spiere-opsie: “Daardie spierweefsel waarmee die nuwe bors gebou word, moet weer iewers ‘gesteel’ word. Spierweefsel groei nooit weer nie; dis vir altyd weg. Elke spier in jou liggaam vervul ’n noodsaaklike funksie, en dit kan jou jare later pla.”
Dr. Struwig sê daar is no free lunch; elkeen het sy voordele én nadele. En vir sommige vroue kan van die opsies in elk geval heeltemal buite die kwessie wees; dan moet jy maar die beste van ’n slegte saak maak. Maar daar is nie navorsingsresultate wat toon dat vroue later slegter af is omdat spierweefsel elders geoes is nie, en dis nie vir hom ’n rede tot kommer nie.
Dink vooraf hieroor * Maak gereed om die verandering te vat soos dit kom Daar is géén plaasvervanger vir jou eie bors nie. Jy gaan anders lyk en nooit weer die sensasies van vroeër ervaar nie. Daar sal littekens oorbly en die tepel sal kunsmatig lyk. Selfs ná rekonstruksie kan jou borste assimmetries wees. Die beste wat jy kan verwag, is dat jy in klere (selfs swemklere) normaal lyk. Sommige is aangenaam verras, maar jy moet realisties wees, want jy kan nie daarop reken nie.
* Hoe belangrik is jou borste vir jou? Weet jy régtig voor jy hulle verloor het? Vir sommige vroue is hulle belangrik vir visuele, seksuele en psigiese identiteit. Ander vroue ervaar en druk hulself op ander maniere uit. Wat jy ook al vooraf dink, moenie verras wees as jy agterkom jy rou oor jou borste nie. Dit impliseer dat jy deur fases van ontkenning, onderhandeling en hartseer sal gaan voor jy uiteindelik by aanvaarding kom.
* Wat laat jou regtig mooi voel? Dis dalk nié gerekonstrueerde borste nie. Soek jóú sleutel. Dalk is los prosteses genoeg; dalk jou gesin; of dalk bring ’n nuwe belangstelling, uitreik na ander, of blote fokus op jou lewe soos dit nou is, jou by daardie innerlike aanvaarding.
Sonder geld vir rekonstruksie? Die Harley-vroue wat jaarliks die Journey of Hope-borskankerrit aanpak, het vanjaar
’n indrukwekkende R1 miljoen ingesamel wat aangewend gaan word om rekonstruksies te skenk aan vroue wat dit nie kan bekostig nie. As jy wil aansoek doen, of geld wil skenk om ander vroue te help – kyk by www.journeyofhope.co.za
Hier is die vyf tegnieke
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.