Dis kwart voor vier op ’n Donderdagmiddag. Na ’n week (en jaar) van balle in die lug hou het ek twee keuses: huis toe óf kantoor toe. By die huis wag ’n onversierde Kersboom, moeë, warm kinders, ’n deurmekaar tuiskantoor, onopgemaakte Kersgeskenke in sakke op die vloer, ’n leë koskas, my kinders se getroue tweede ma, ’n aupair met ongekende organisasievermoëns en onuitputlike energievlakke en Bettie-van-die-gastehuis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Op kantoor is daar ’n dik spanningswolk, hardwerkende kollegas (party brom, ander giggel, een of twee se trane vlak), nóg ’n deurmekaar kantoor en skerms vol e-posse.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ek? Ek is nie lus nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Nie vir die Kersboom, my liewe, moeë, warm kinders, die deurmekaar tuiskantoor, onopgemaakte Kersgeskenke, ’n leë koskas of geselsies met die hardwerkende ander vroue in my lewe nie. Vir ’n oomblik wil ek my getroue, gespanne, giggelende, tranerige kollegas, die e-posse en die streswolk (wat ons self geskep het) ignoreer.
Ek is nie lus nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ek hou verby die kantoor. Straat-af. Draai nie rigting huis toe nie. Stop ook nie by my gunsteling-koffiewinkel op pad nie.
Nee. Ek soek ’n stil straat, stop oorkant die pad en koes-koes na die klein koffieplek met die vuil stoep en taai toonbank. Dié plek (en sy taaier-as-die-toonbank-tannie) voel soos ek: nie meer lus nie. Daar’s niemand nie. Vandag pas dit my.
Die taai tannie dra stomende koffie in ’n blinkskoon koppie aan (ek het mooi gekyk) en bring warm melk. “Hier’s net brood, nie koek nie,” sê sy sonder dat ek vra. “Koffie, net koffie,” sê ek. Die stemme in my kop eindelik stil. Kwart voor ses vat ek die pad. Die taai tannie ook. Ek met nuwe krag. Sy met ’n lagie lipstick op die taai gesig. Huis toe.
Tuis is die kinders klaar gebad, skooltasse op die kombuistafel, skoolklere op die bed, bloedjies rustig en afgekoel voor die TV. My kinders se tweede ma is kos-in-die-hand op pad kamer toe (sy’t iets prakseer, en vir my lyk die koskaste leeg), Bettie is huis toe en die georganiseerde, energieke aupair se lysies lê netjies op die lessenaar. ’n Kollega bel: die kantoor is stil, niemand huil nie, kyk na jou e-posse.
Die skuld dreig-dreig. Die stemme in my kop begin weer fluister. Die foon lui. Ek blaker skuldig my middagsonde uit. Dis stil. Dan: “Ek weet. Ek ry soms tot by die naaste petrolstasie en wag dan net ’n bietjie voor ek huis toe gaan,” sê my vriendin.
“Iemand anders wat ek ken ry soms nog ’n keer of wat om die blok.”
Vanoggend is Bettie-van-die-gastehuis teen half nege nog nie hier nie. Sy skuifel-skuifel huis in: “My bus was bietjie laat. Of altans, ek het my bus verloor, toe moet ek taxi vat.” Hoe verloor jy jou bus, Bettie? “Ag. Ek was te laat,” bieg sy.
Ons lag. Ek. My kollegas. Die taai tannie. Bettie. Ons is nie een meer lus nie.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.