Die Eikendal Weintaufe het oor die jare ’n somer-familietradisie in die wynlande geword en vanjaar kan entoesiaste hulself oorgee aan ’n dag van pure landelike saligheid, vermeng met uitsonderlike wyne, heerlike straatstalletjie-styl kos, speletjies, gelukkige trekkings en regstreekse musiek deur die talentvolle Newton & Co.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die landgoed is bekend vir gefokusde- en gestruktureerde wyne, wat die beste in variëteit-erkenning vertoon en by dié ontspanne fees sal die veelvuldig-bekroonde Chardonnay die kalklig steel as die landgoed se eerste wyn van die nuwe oesjaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Komplimentêre trekkerritte om ’n kykie te kry in al die wonderlike dele van dié goed geoliede wynplaas, druiwetrap en gholf-aksie by die dam sal bydra tot ’n heerlike dag saam met jou familie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Kaartjies vir die Eikendal Weintaufe Oes Karnaval 2017 sal op die dag by die hek beskikbaar wees en kos R80 per persoon, wat ’n glas, proe-uit-die-vat en al die vermaak vir die dag insluit. Onder 18’s geniet gratis toegang. Onthou jou sonroom en bring ’n piekniekkombers.
Die hekke open om 10h00. Maak seker jy kry ’n lekker plekkie, voor die amptelike doop en proe van die nuwe Eikendal Chardonnay 2017 om 12h00.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Vir meer inligting bel die landgoed by 021 855 1422 of stuur ’n e-pos aan info@eikendal.co.za.
Eikendal Landgoed is geleë op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes.
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Hierdie webwerf gebruik koekies.