Benodighede
- mos (vir die nessie)
- los vere en takkies
- gaar hoendereiers
- blare (vetter en ronder vir die vlerke en dun en lank vir die bekkie)
- swart krale of saadjies vir die ogies
Maak so
1 Vorm ’n ronde nessie deur die los ente van die mos ineen te strengel. Druk die holte van die nessie met jou duime uit. Versier die nessie deur los vere en takkies tussen die mos in te ryg.
2 Kies blare van dieselfde grootte vir die vlerkies. Sny die punt van die blaar met ’n snoeiskêr af. Bepaal en merk die posisie van die vlerkies en plak vas.
3 Kies blare van dieselfde grootte vir die bekkies van die babavoëltjies. Vou die blaar in die lengte toe en knak op die voupunt. Bepaal en merk die posisie van die bekkies en plak vas.
4 Bepaal en merk die posisie van die ogies en plak die saadjies of kraletjies vas.
5 Skik ’n bed van vere in die nessie en sit die “babavoëltjies” daarin.