kategorieë: Leef gesondGesondheid

Eiers vir ontbyt! ’n Wenresep vir elke dag

Vir die man in jou lewe

Geposjeerde eier met geroosterde tamatie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Brood of pap verteer te vinnig en gaan hom nêrens bring nie. Mans het proteïen vir ontbyt nodig. Wat van sy cholesterol? Eiers se cholesterol word verteer, en verhoog dus nie sy cholesterol-bloedvlak nie. Vermy eerder olie-gebraaide vleis, vetterige wors en salami propvol transvette wat wel skade aanrig. Sit ’n lae GI-pap soos hawermout by, want die onoplosbare vesel daarin help om oortollige cholesterol te verwyder terwyl die growwe koolhidrate stadig afbreek en hom langer versadig hou. Gaar tamaties bevat likopeen, wat hom teen prostaat- en kolonkanker help beskerm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir jou PMS-dogter

Roereier met kaas

Eiers is propvol vitamien E, ’n natuurlike bloedverdunner. Die magnesium daarin help spiere ontspan en verlig haar krampe. Die kalsium in die kaas help met die opname daarvan. Vitamien B6, omega- 3’s en fosfolipiede laat haar gemoed, brein en hormoonstelsel op sy beste funksioneer, en help saam met die yster daarin nuwe rooibloedselle bou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir jou rooimierkind

’n Omega 3-verrykte eier

AAHS-kinders op Ritalin het min eetlus. Daarom moet alles wat jy hom aanbied werklik voedsaam wees. Gee hom ’n eier, want dit is ryk aan fosfolipiede, omega- 3’s, cholien en folaat, wat veral vir AAHS-breintjies briljant is.

Vir jou sportmal huisgenote

’n Voorraad gekookte eiers

Aktiewe sportkinders het meer proteïen nodig. Die proteïen in eier is topgehalte – so goed soos in biefstuk en beslis beter as duur proteïen-aanvullings uit ’n blik. Sportmanne kan twee per dag eiers eet. Kook ’n voorraad en hou hulle in die yskas, reg vir hol kolle. Solank jy hulle nie afdop nie, hou hulle maklik drie dae.

Vir Ouma (en enkellopers)

Eiers op enige manier

Alleenlopers vir wie vleis gaarmaak moeite is, kry te min proteïen. Eiers is japtrap-proteïen met talle smaaklike moontlikhede, van eierslaai tot gevulde omelet, Franse eierbroodjie, frittata en quiche. En doen dit gerus in die mikrogolf, want dit vernietig nié eiervoedingstowwe nie.

Vir jou dieet (en vir diabete)

Eier, lae GI-brood en ’n vrug

Proteïen en vette hou jou langer versadig as stysels – presies waarna diabete, almal wat dieet en mense met metaboliese sindroom soek. ’n Eier bevat albei, en kos jou min kilojoules. Daarby is die wit ’n volledige proteïen terwyl die geel net die beste vette bevat, soos omega 3’s en onversadigde vetsure. Vul ’n sny lae GI-brood met gekapte eier en krummel feta oor vir ’n skeut kalsium. Sit daarby ’n vrug en tee of koffie, en jy is voorsien van energie en breinkrag tot middagete. Die tee maak jou maag vol; die vet in die eiergeel laat jou binne minute versadig voel; die suiker in die vrug stoot jou bloedsuiker binne twintig minute op; die growwe stysel stel energie en vesel oor die volgende paar uur vry; en die proteïen en vet neem tot middagete om te verteer.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.