Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 6 eiers, gekook (soos beskryf en afgedop – sien onder)
• 1 beet, gekook en geskil
• 1 avokado, geskil en pit verwyder
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 15 ml (1 e) olyfolie
• fyn kruieblaartjies vir opdiening
1 Sny die eiers middeldeur en verwyder die eiergele met ’n teelepel. Verwerk die eiergele en gekookte beet in ’n voedselverwerker tot glad. Geur met sout en swartpeper.
2 Skep lepels vol van die beetmengsel in die holtetjies waar die eiergele was.
3 Verwerk die avokado, knoffel en olyfolie in ’n voedselverwerker tot glad.
4 Geur met sout en swartpeper.
5 Skep die avokadomengsel in ’n spuitsak en spuit hopies op die beet.
6 Sit met die vars kruie voor.
Maak ’n klein kastrol halfvol water en bring die water oor hoë hitte tot kookpunt. Laat sak die eiers met ’n gaatjieslepel versigtig in die water in en verlaag die temperatuur. Laat prut die eiers liggies vir 10-12 min. Trek van die hitte af en koel onder lopende koue water af.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.