Verhit die botter in ’n pan oor matige hitte en braai die uie tot gaar en gekaramelliseer. Trek van die hitte af en laat afkoel.
Meng die eiers, melk, knoffel, brandrissie, gemmer, speserye en blatjang in ’n middelslagmengbak en geur met sout en gemaalde swartpeper. Doop die broodjies een vir een in die eiermengsel, draai om en doop die ander kant ook daarin.
Skep 4 e (60 ml) van die uievulsel op 4 van die geweekte snye, rangskik 4-5 spinasieblare en 3 e (45 ml) kaas op die broodjies. Sit die ander 4 snye op elk van die broodjies om ’n toebroodjie te maak.
Verhit die botter in ’n pan oor matige hitte en braai die broodjies een-een daarin tot goudbruin en die kaas gesmelt is. Herhaal met die res.