Genoeg vir 6
- Thai-grondboontjiesous: Meng ½ k (125 ml) grondboontjiebotter, ½ k (125 ml) klappermelk, ¼ k (60 ml) sojasous, 2 t (10 ml) fyngekapte knoffel, 2 t (10 ml) fyngekapte gemmer, 2 t (10 ml) fyngekapte brandrissie, 2 e (30 ml) heuning en die skil en sap van een lemmetjie saam in ’n mengbak. Geur met sout en swartpeper.
- Klits 6 eiers saam in ’n mengbak.
- Verhit ’n medium braaipan oor matige hitte en spuit goed met kleefwerende kossproei.
- Voeg ¼ k (60 ml) van die eiermengsel in die pan, beweeg die pan in sirkelbewegings om te verseker dat die eiermengsel eweredig versprei en ’n wrap met ’n dikte van ongeveer 2 mm vorm. Braai vir 2 min., draai versigtig om en braai tot gaar (ongeveer 1 min.). Hou eenkant.
- Smeer 2 e (30 ml) van die Thai-grondboontjiesous op ’n wrap, skep ½ k (125 ml) geurige hoender (kry die resep onder) bo-op en garneer met julliene-groente soos wortel en mange tout.
Geurige dadel-en-sjerrie-hoender
Die hoender sal vir 2-3 dae in die yskas vars bly. Ideaal vir saam met die eier-wraps!