100 ml (1/3 k + 1 e + 1 t) pylwortelpoeier (arrowroot)
150 ml (½ k + 1 e + 2 t) tapiokameel
knypie sout
30 ml (2 e) strooisuiker
710 ml (2¾ k + 2 e) melk
30 ml (2 e) olyfolie + ekstra
fyn gerasperde skil van 1 lemoen
Karamel-appels
125 ml (½ k) suiker
90 ml (1/2 k + 2e) botter
4 appels, geskil, klokhuise verwyder en dik gesny
5 ml (1 t) fyn kaneel
Instructions
1 Sif al die droë bestanddele saam. Maak ’n holte in die middel. 2 Gooi ’n derde van die melk in die holte en roer met ’n houtlepel in sirkeltjies tot die meel ingewerk is. Gooi die res van die melk by soos die mengsel verdik en roer tot glad. 3 Meng die olie en lemoenskil by. Bedek met kleefplastiek en laat staan vir 30 min. 4 Verhit olyfolie oor matige hitte in ’n 20- 25 cm-braaipan. Meng die beslag deur, gooi lepels vol van die beslag in die pan en draai die pan skuins sodat die mengsel oor die boom kan vloei. 5 Bak vir 30-40 sek. tot die pannekoek bo-op begin borrel. Draai om en bak vir nog 30 sek. Herhaal met die res van die beslag.
Appels 1 Smelt die suiker in ’n groot pan oor matige hitte tot goudbruin. Haal van die hitte af en roer die botter deur. 2 Roer die appels en kaneel by die karamel, bedek en prut vir sowat 20 min. oor lae hitte tot die appels goudkleurig en gaar is. 3 Sit die pannekoeke met die karamelappels voor.