Koek 1 Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n 16,5 cm-bundt-koekpan met ’n inhoudsmaat van 1,25 liter met botter en sprinkel liggies met strooisuiker. 2 Meng die koekmeel, bakpoeier, sout en kaneel in ’n middelslag-mengbak. Hou eenkant. 3 Klits die botter en wit- en bruinsuiker met ’n elektriese klitser tot romerig. 4 Verlaag die spoed en voeg die eiers een vir een by. Klits goed na elke byvoeging. Voeg die vanieljegeursel by en meng goed deur. 5 Meng die kondensmelk, room en rumgeursel in ’n mengbak en hou eenkant. 6 Voeg die meel en kondensmelkmengsel om die beurt by die bottermengsel, meng deur. 7 Gooi die mengsel in die pannetjie en bak vir sowat 45-50 min. of tot die toetspen skoon uitkom. 8 Laat staan die koek vir 10 min. op ’n afkoelrak voor jy dit uitkeer.
Rumstroop 1 Gooi al die bestanddele in ’n kastrol en laat prut vir 5-10 min. oor ’n lae hitte, of tot die suiker opgelos is. 2 Gooi die warm stroop oor die afgekoelde koek. 3 Strooi versiersuiker oor sodat dit soos sneeu lyk en druk roosmaryntakkies onderstebo in op die koek om soos Kersboompies te lyk.