Eggnog-Kerskoek deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek
Eggnog-Kerskoek
Ingredients
- Koek
- • 30 ml (2 e) botter, gesmelt
- • 120 g (⅓ k) strooisuiker
- • 190 g (1½ k) koekmeel
- • 7,5 ml (1½ t) bakpoeier
- • 2,5 ml (½ t) sout
- • 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
- • 100 g (½ k) botter, by kamertemperatuur
- • 125 g (½ k) witsuiker
- • 110 g (½ k) bruinsuiker
- • 3 eiers
- • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- • 125 ml (½ k) kondensmelk
- • 125 ml (½ k) room
- • 30 ml (2 e) rum-geursel
- • 30 ml (2 e) versiersuiker
- • 4-6 roosmaryntakkies
- Rumstroop
- • 125 ml (½ k) water
- • 125 g (½ k) witsuiker
- • 30 ml (2 e) rum
Instructions
Koek
1 Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n 16,5 cm-bundt-koekpan met ’n inhoudsmaat van 1,25 liter met botter en sprinkel liggies met strooisuiker.
2 Meng die koekmeel, bakpoeier, sout en kaneel in ’n middelslag-mengbak. Hou eenkant.
3 Klits die botter en wit- en bruinsuiker met ’n elektriese klitser tot romerig.
4 Verlaag die spoed en voeg die eiers een vir een by. Klits goed na elke byvoeging. Voeg die vanieljegeursel by en meng goed deur.
5 Meng die kondensmelk, room en rumgeursel in ’n mengbak en hou eenkant.
6 Voeg die meel en kondensmelkmengsel om die beurt by die bottermengsel, meng deur.
7 Gooi die mengsel in die pannetjie en bak vir sowat 45-50 min. of tot die toetspen skoon uitkom.
8 Laat staan die koek vir 10 min. op ’n afkoelrak voor jy dit uitkeer.
Rumstroop
1 Gooi al die bestanddele in ’n kastrol en laat prut vir 5-10 min. oor ’n lae hitte, of tot die suiker opgelos is.
2 Gooi die warm stroop oor die afgekoelde koek.
3 Strooi versiersuiker oor sodat dit soos sneeu lyk en druk roosmaryntakkies onderstebo in op die koek om soos Kersboompies te lyk.