Jy kry mense wat daarvan hou om by ’n mooi gedekte tafel aan te sit vir ete en dan kry jy mense wat dit verkies om langs ’n kaggel te sit, met hul bord kos op hul skoot. Tydens ’n sop-aand kan jy enige een van die twee doen. Broodjies word bedien op ’n bordjie, met jou bakkie sop in die middel. Prakties! Moenie bang wees om verskillende kleure en teksture te gebruik wanneer jy jou tafel dek nie. Effe kleure bakkies en borde kan gemeng word met donkerder (warmer) servette of ’n tafeldoek.
Ons sien ook deesdae baie donker bakkies en eetgerei (donker grys, selfs swart). Die gebruik van ’n baie donker bakkie en ’n helder sop (soos oranje botterskorsie), afgerond met ’n vars groenigheid is ’n groot gier. Boontjiesop sal weer werk in ’n wit of helder bakkie.
Lees ook: Witbone-en-sondroë-tamatiesop
Lees ook: Sampioenkragsop (hooffoto)
Eetgerei is deesdae so uiteenlopend. Jy kry selfs swart eetgerei! Wees ’n bietjie anders en koop ’n paar donker lepels vir jou sop-aande.
Tafel: Dek jou tafel met verskillende houtborde waarop jy verskillende brode kan bedien. Gebruik kleiner bakkies met vars groenigheid sodat jou gaste hul sop kan versier.
Verbruikersgids
- @Home | home.co.za
- Mr. Price Home | mrphome.com
- Weylandts | weylandts.co.za
- Woolworths | woolworths.co.za