Eetbare blomme en hoe om dit te gebruik

Eetbare blomme en hoe om dit te gebruik Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Lee Schwagele van CRPhotographic.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Watter blomme is veilig om in kos te gebruik?

Gebruik hierdie oulike gids vir veilige blomme wat jy in jou kos kan gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  1. Tecoma capensis ‘lutea’ (geel Kaapse kanferfoelie)
  2. Nasturtium (kappertjie)
  3. Lavandula (laventel)
  4. Viola x wittrockiana (gesiggie)
  5. Thunbergia alata (swartoognooi)
  6. Salvia (pynappelsalie)
  7. Calendula (wintergousblom)
  8. Centauria cyanus (koringblom)
  9. Dianthus barbatus (grasangelier)
  10. Oxalis sp. (geelsuring)
  11. Salvia.
  12. Lathyrus odoratus (pronkertjie)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pasop, blomme kan dodelik wees!

Indien jy nie doodseker is dat ’n blom geëet kan word nie, hou dit liefs ver weg van jou bord.

Tuinblomme soos asaleas, papawers en Krismisrose is giftig, loop maar lig om hulle!

Maak ook seker dis nie met gifstof behandel nie.

Lees ook: Hoe om blomme as versiering te gebruik

Mooi idees met eetbare blomme

Alte fraai

Maak jou teepartytjie spesiaal en versier die happies met blomme:

Mooi teekoekies

Koop winkelsponskoeke (of bak dit self – probeer hierdie resep) en sny kleiner met ronde koekiedrukkers.

Stapel opmekaar met geklopte room of botterversiersel tussenin en versier ook die buitekante met geklopte room of botterversiersel.

Pak eetbare kruie- en wilde blommetjies om die koekies.

Hibiskus-ystee

Genoeg vir 500 ml

  • 3 hibiskus-teesakkies
  • handjie vol goji-bessies
  • handjie vol droë roosblare- of -knoppies
  • 30 ml heuning

Sit die tee, bessies, blare en heuning in ’n teepot en gooi 500 ml kokende water oor. Laat staan om te trek en af te koel. Gooi in ’n digsluitende beker en sit vir twee uur in die yskas. Skink in ’n glas vol fyn gekapte ys.

Foto: Lee Schwagele

Brosbroodkoekies met gesiggies getooi

Sit die gesiggies tussen twee velle bakpapier en plaas iets swaars daarop om die blommetjies mooi plat te kry.

Jy kan sommer winkelkoekies ook koop en die gesiggies met eierwit op die koekies vasplak.

Klik hier vir ’n heerlike brosbrood-resep

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.