Voeding help jou oë gesond hou. Dit gee jou oë die beste kans om op hul beste te werk.
Wat moet jy eet?
Hier is die lys – en sjokolade is sowaar daarop!
• Sink Sjokolade is ’n uitstekende bron van sink. Spinasie, pampoene en neute ook.
• Betakaroteen Dit is waar wortels inkom, asook appelkose
• Luteïen en Zeaxantien Eiers is jou beste en mees onderskatte bron hiervan. Sit veral al die soorte blaarslaaie by, van roket tot botterslaai en doodgewone slaaikoppe.
• Vitamien C Gebruik die winter se lemoenoorvloed om jou oë te voed. Aarbeie en tamaties is lekker somerbronne van vitamien C
• Vitamien E Gun jouself ’n porsie van twaalf neute per dag. Dit is baie lekkerder, voedsamer en minder moeite as beskuit.
• Omega 3 ’n Porsie sardiens, avokado’s en salm is heerlik en goed vir jou oë.
Lees ook: Sooibrand? Nóóit weer nie!