Roomys eet. Dit is ’n gewoonte wat ek al van my kinderdae af saam met my dra. Maar nie net enige roomys nie, dit moet besonders lekker wees. Moenie my verkeerd verstaan nie, as ek by iemand kuier en hulle bied roomys aan sal ek dit eet, ek is immers nie ongeskik nie. Maar wat my regtig vreugde gee, is tuisgemaakte, of soos wat dit deesdae genoem word, artisan-roomys. Dit is nóg beter as dit vrugte bevat.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hier is ’n paar plekke wat ek in die Kaap besoek het:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
• Sinnfull in Houtbaai
Aan die agterkant van ’n Snoekies vis-en-tjips winkel is die groot Sinnfull-roomyswinkel. Ek het die toffie-, amandel-, en witsjokolade-roomys gehad. Heerlik!
• Unframed, Kloofstraat
Die romerigste roomys in die Kaap. Party van die geure is geskik vir veganiste en die tekstuur is merkvaardig vir iets sonder enige suiwel. My keuse was gekarameliseerde piesang, beslis nie die nagemaakte piesang-smaak van vroeër jare se melkskommels nie.
• Ice Dream, Houtbaai
Lekker romerige Italiaanse roomys. Dit is ’n gewilde hoekie in Houtbaai en een van die min plekke waar ek lietsjie-sorbet kon opspoor!
• The creamery, V&A Food Market
’n Goeie plek vir koffie- en sjokolade-liefhebbers. Maar my liefde vir vrugte het my direk na die Prickly Passions sorbet gevat. Dit was heerlik romerig al was daar geen suiwel in nie.
• Moro Gelato, Langstraat
Moro Gelato. My gunsteling. Die winkel is net te pragtig. Ouwêreldse sjarme in al die dekor. Van die geure is opwindend ongewoon soos die ricotta met vye. Die vye-sorbet het my terug gevat na my oupa se huis waar hy altyd vir my vye van die boom af gepluk en spesiaal vir my gehou het.
• Ice Café, Kalkbaai
Die moeilikheid met die Kaap is dat, selfs op ’n warm dag, is die water steeds te koud om in te swem. Dankie tog vir hierdie winkeltjie. My keuse was die suurlemoen-kaaskoek.
• Creme de Levain, The Sanctuary, Somerset Wes
Ook een van my gunstelinge. ’n Mooi bakkery wat heerlike roomys verkoop – teen ’n goeie prys! My gunsteling was die nougat-geur, dit proe asof hulle ’n Damascus-nougat in ’n menger gesit het.
Vir die van julle wat jul eie roomys wil maak, kyk gerus na hierdie liplekker idees van ons kosredakteur Vickie de Beer:
Vrugtelollies
Blitsige roomys
Lekker idees met roomys
Basiese vrugteroomys
Klapper en lietsjie roomys
Roomyshorinkies en wafels
Roomys kombinasies
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.