kategorieë: ReisOntspanning

Eet en drink só wanneer jy vlieg

Verwerk deur Mariette Snyman. Foto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Luane Lavery – handelsmerkkommunikasiebestuurder vir British Airways en kulula.com – gee advies vir lugreisigers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Vermy kos wat winderigheid veroorsaak

As ’n oormaat uie, kool en bone jou opgeblase laat voel, kan vlieg hierdie simptome vererger. Vermy hierdie kossoorte liefs voor jy vlieg ter wille van jou (en jou medepassassiers) se gerief. Party mense vind dat pepermenttee en die vermyding van borrel- of soet drankies die tipiese simptome verlig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Jou (water)bottel is jou beste vriend

Verbruikers raak al meer bewus van die omgewingsimpak van eenmalige gebruiksartikels van plastiek en belê eerder in herbruikbare bottels. As jy jou herbruikbare bottel aan boord neem, sal die vlugpersoneel dit op aanvraag hervul. ’n Eenvoudige reël is om 250 ml water te drink vir elke uur wat jy op die vliegtuig deurbring.

Lees ook hoe om ’n laer impak op die omgewing te hê deur hierdie maklike Zero Waste-stappe te volg.

“Drink 250 ml water vir elke uur wat jy op die vliegtuig deurbring.”

3. Hou matigheid voor oë

’n Glas goeie wyn of ’n yskoue bier is ’n gepaste beloning wanneer jy jou firma elders gaan verteenwoordig of daardie welverdiende vakansie aanpak. Maar om die dranktrollie leeg te drink is allesbehalwe volwasse optrede. Dit benadeel jou gesondheid – en veroorsaak dat jy agterna aaklig sal voel. Beperk jou alkoholinname tot die wetlike perk, of jy nou nà die vlug gaan bestuur of nie. Dan kan jy enigiets ten volle geniet wanneer jy met jou twee voete op Moeder Aarde staan – of dit nou ’n aanbieding of vakansie-aktiwiteit is. Dieselfde geld vir kaffeïen: een of twee koppies koffie is ’n bederfie, maar meer as drie kan jou naar en senuagtig laat voel.

4. Eet dat dit kraak

Navorsing toon dat krakerige kossoorte soos blaarslaai, wortels, seldery, appels en neute konsentrasie bevorder. As jy dus die heel beste PowerPoint-aanbieding ooit op die vlug wil voltooi, kan jy hierdie kosse kies of selfs vooraf vra dat dit verskaf word. (Sien ook die laaste wenk).

“Blaarslaai, wortels, seldery, appels en neute bevorder konsentrasie.”

5. Kies slim

Een maklike manier om jou vlug meer genotvol te maak is om kossoorte met ’n moontlik nadelige uitwerking te vermy. Baie vetterige kos is selde ’n goeie keuse, maar om dit voor die vlug te eet is nog onverstandiger. Comair gebruik hul eie voedselvoorsieningsmaatskappy, Food Directions, sodat hulle volkome kwaliteitsbeheer het oor die kos wat aan boord kulula.com en British Airways voorsien word. Om kos op 30 000 voet in die lug lekker te laat smaak is ’n kuns – of liewer, ’n wetenskap. Baie navorsing is gedoen oor hoe ons smaakknoppies by die druk en droogheid van vliegtuigkajuite aanpas en die kos word daarvolgens voorberei.

6. Enige spesiale dieetvereistes?

Laat die lugredery minstens 48 voor jou vlug vertrek weet indien jy diabetiese, laevet, glutenvry, vegan, Hindoe, Halaal of Kosher kos nodig het, of ’n ete vir ’n kind. Ander spesiale vereistes moet minstens 24 uur voor die tyd aangemeld word.

Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.