Het jý al onder die betowering van Thaise kos geval? Wêreldwyd is mense gek na die heerlike geurkombinasies met vars groente en kruie en ander gesonde bestanddele wat dikwels klappermelk, sitroengras (lemon grass) en galangal (‘n soort gemmer) insluit.
Die week van 4 tot 10 Augustus is dit Thailand Restaurant Week: die ideale tyd om eg Thais te eet. Die Departement van Internasionale Handelsbevordering Thailand (DITP) ken al jare lank ‘n “Thai Select”-sertifikaat toe aan elke restaurant in Suid-Afrika wat outentieke Thaise kookkuns bedien. Dekor en diens speel ook ‘n rol. Die hoogste lof word ingeoes deur restaurante en kitskosplekke wat met die Thai Select Premium-sertifikaat bekroon word; hier kan jy ‘n vyfster-ervaring verwag.
Gedurende Thailand Restaurant Week kan jy by enige Thai Select Restaurant ‘n vakansie na Thailand wen, geborg deur die DITP, Thai Airways, Tourism Authority of Thailand en Thompsons Holidays.