Eet die reënboog: 6 heerlike resepte wat jy nou moet maak

Eet die reënboog: 6 heerlike resepte wat jy nou moet maak deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gilionelle Kaba. Foto’s: Lee Schwagele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Eet die reënboog

Eet jy ’n verskeidenheid groente en vrugte van elke kleur, gee jy jou liggaam genoeg voeding, vesel en energie om ’n sterk immuunstelsel te bou. Ons wys jou hoe maklik dit is om al die kleure van die reënboog in jou dieet in te werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Reënboogslaai met Oosterse slaaisous

Lee Schwagele

Klik hier vir die resep

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wit groente en vrugte

Hoewel wit nie in die reënboog verskyn nie, is dit ’n belangrike kleur in ’n gebalanseerde dieet. Wit groente bevat onder meer “anthoxanthins”, ’n flavonoïed en kragtige anti-oksidant. Wit groente help met sterk bene, verlaag cholesterol en keer inflammasie.

Thaise hoenderkerrie en geroosterde blomkool

Lee Schwagele

Klik hier vir die resep

Geel groente en vrugte

Geel groente en vrugte is ryk aan antioksidante soos vitamien C. Dit bevat ook karotenoïede, onder meer beta-karoteen wat in vitamien A omgeskakel word. Vitamien A is noodsaaklik vir goeie sig en selgroei.

Gerookte snoekslaai met mielieribbetjies

Lee Schwagele

Klik hier vir die resep

Groen groente

Groen groentes is van die gesondste kosse wat ons kan eet, want dit bevat baie anti-oksidante, onder meer luteïen en vitamien K wat noodsaaklik is vir been- en bloedgesondheid. Groen groentes versterk ook die immuunstelsel en gee energie.

Vars ertjie-en-kruisement-sop met groente en dukkah

Lee Schwagele

Klik hier vir die resep

Pers en blou groente en vrugte

Donkerblou en pers groente en vrugte is propvol resveratrool, ’n kragtige anti-oksidant wat kanker teëwerk. Pers kool en donker bessies het van die hoogste vlakke van anti-oksidante wat inflammasie beveg en die immuunstelsel versterk.

Bloubessie-smoothie met swartbessies en kersies

Foto: Lee Schwagele

Klik hier vir die resep

Rooi groente en vrugte

Rooi vrugte en groente bevat die kragtige anti-oksidant genaamd likopeen. Die anti-oksidant beskerm die liggaam teen kanker, en veral mans teen prostaatkanker. Deur rooi groente en vrugte te eet verminder jy ook die kanse op diabetes, hartsiektes en beroerte.

Tamatie-en-waatlemoen-slaai met ’n rooi soetrissie-slaaisous en geklopte feta

Lee Schwagele

Klik hier vir die resep

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

23 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

24 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.