kategorieë: Ons menseBekendes

Eerste Indiese vrouebemanning omseil die wêreld

Saamgestel deur Catherine Schenck. Foto’s verskaf deur Nasief Manie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Indiese vloot het op 10 September 2017 hul tweede seevarende seiljag, die INSV Tarini, laat vertrek in ’n poging om die aardbol te omseil. Wat hierdie omseiling nog meer merkwaardig maak, is die feit dat dit deur ’n span van ses vroue beman (of eerder, bevrou) word – ’n eerste vir Indië en haar vloot!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die bemanningslede is as volg: Luitenant-kommandant Vartika Joshi, Luitenant-kommandant Pratibha Jamwal; Luitenant-kommandant P. Swathi; Luitenant Aishwarya Boddapati; Luitenant Vijaya Devi; en Luitenant Payal Gupta.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto deur Nasief Manie

Die INSV Tarini het Vrydagoggend, 2 Maart 2018, in Kaapstad aangeland en sal hier bly tot 14 Maart 2018, waarna hulle op hul laaste skof terug Indië toe sal vertrek. Hulle is begroet deur belangrike gaste, insluitend Kaapstad se burgemeester Patricia de Lille, Skout-Admiraal E.M. Masanabo van die Suid-Afrikaanse Vloot, en die hoë-kommissaris van Indië na Suid-Afrika en Lesotho Me. Ruchira Kamboj. Daar was verder lede van die publiek en leerders van St. Paul’s laerskool in Schotschekloof, Kaapstad, wat die INSV Tarini in Kaapstad verwelkom het met vlaggies en toejuiging. Omdat dit die tweede dag van die Holi-fees was, is die INSV Tarini se bemanning begroet met ’n tromspeler en helderkleurige poeier wat toeskouers op hulle gesprinkel het.

Die bemanningslede van die INSV Tarini sal tydens hul verblyf in Kaapstad aan verskeie aktiwiteite deelneem, insluitend formele besoeke aan plaaslike leiers, gesprekke met die media, onthale, en interaksies met studente aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Die INSV Tarini se bemanningslede sal ook ’n foto-uitstalling van hul reis op die middag van 5 Maart 2018 by die Royal Cape Seiljagklub open. Hierdie uitstalling is oop vir die publiek om te besigtig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto deur Nasief Manie

Die INSV Tarini het slegs vier keer gestop tydens haar omseiling: in Freemantle, Australië; Lyttleton, Nieu-Seeland; Port Stanley in die Falklands-eilande en dan nou ook in Kaapstad, Suid-Afrika. Om amptelik erken te word as ’n volwaardige omseiling moet ’n seilboot aan sekere vereistes voldoen. Die reis moet in dieselfde hawe begin en eindig (in hierdie geval in Goa, Indië); dit moet meer as 21 600 seemyle vaar, dit moet suid bly van die drie groot kape van die suidelike halfrond: Kaap Leeuwin in Australië, Kaap Hoorn in Chile, en Kaap die Goeie Hoop, Suid-Afrika; dit moet alle lengtegrade in dieselfde rigting oorsteek; dit moet die ewenaar twee keer oorsteek; dit mag nie eur enige kanale reis nie en dit mag nie ’n motor gebruik om vorentoe te beweeg nie.

Die bemanningslede voel geëerd om hul land op so ’n platform te kan verteenwoordig en hulle ag dit belangrik om dit as vroue te doen. Alhoewel die Indiese vloot alreeds twee vorige omseilingspogings meegemaak het, is hierdie die eerste keer dat vroulike lede van die vloot dit aanpak.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.