Eendlewerpatee deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto’s deur Lee Schwagele van crphotography.co.za
1 Smelt 150 g (die helfte) van die botter oor matige hitte in ’n middelslagkastrol tot die botter begin skei en skuimerig aan die bokant word. Dit duur so 5-7 min. Trek van die hitte af en laat afkoel. Skep die skuimerigheid af sodat net die verhelderde botter agterbly. 2 Verhit die olyfolie in ’n middelslagpan oor matige hitte. Braai die ui, knoffel, steranys en vinkel daarin tot die uie sag en deursigtig is. Verhoog die temperatuur en braai die lewertjies vinnig aan albei kante. Dit is belangrik dat die lewertjies binne nog pienk is. 3 Geur met die soutvlokkies en voeg die kruie en lemoenskil by. Gooi die lemoenlikeur by en laat vinnig wegkook. Trek van die hitte af en laat effens afkoel. 4 Gooi die lewermengsel in die bak van ’n voedselverwerker, voeg die ander helfte (150 g) van die botter by en verwerk tot glad. 5 Pak die lemoenringe aan die binnekant van ’n 500 ml-glasbottel. Vul die bottel met die patee en gooi die verhelderde botter oor. Hou in die yskas tot benodig.Eendlewerpatee
Ingredients
Instructions