Serves:Genoeg vir 16 blokkiesNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 20 g botter
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 ui, gekap
• 250 g eendlewer
• 2 takkies tiemie
• 60 ml Cointreau of brandewyn
• gerasperde skil van 1 lemoen
• 125 g koue botter, gekap
Vye
• 15 ml (1 e) heuning
• 15 ml (1 e) botter
• 4 vye, in kwarte gesny
• 1 rosyntjiebrood
• 100 g botter
• goudblaar vir bo-op (te kry by kunswinkels en spesialiteitsbakwinkels)
Instructions
Patee 1 Verhit die botter oor matige tot hoë hitte. Braai die knoffel en ui vir 3 min. daarin, of tot sag. 2 Voeg die lewer en tiemie by en kook vir 1 min. Voeg die Cointreau of brandewyn by en kook vir nog 1 min. 3 Sit die lewer, lemoenskil en botter in die bak van ’n voedselverwerker. Geur met sout en gemaalde swartpeper. 4 Verwerk tot glad. 5 Druk die mengsel deur ’n sif en gooi in 2 x 250 ml-ramekins of bakkies. 6 Sit vir 2 uur in die yskas.
Vye 1 Verhit die heuning oor matige hitte in ’n braaipan. 2 Braai die vye vir 5 min. daarin, of tot die vye gekara-melliseer is. 3 Sny die rosyntjiebrood in snye en verdeel elke sny in 4 blokkies. 4 Smelt die helfte van die botter oor ’n lae temperatuur en braai die broodblokkies daarin tot bros en goudkleurig. Herhaal met die res van die broodjies en botter. 5 Skep lepeltjies vol van die patee op elke broodjie en tooi met die vye en ’n stukkie goudblaar.