Genoeg vir 12
Eendburgers met bruinbotter-mayonnaise
Ingredients
- Brioche-broodjies
- Genoeg vir 12 klein rolletjies
- • 65 g suiker
- • 5 ml (1 t) sout
- • 10 g (1 sakkie) kitsgis
- • 500 g broodmeel
- • 375 ml (1½ k) louwarm melk
- • 75 g botter, gesmelt
- • 1 eier geklits saam met ’n knypie sout
- • 15 ml (1 e) sesamsaad
- Eend
- Genoeg vir 12 klein burgers
- • 4 eenddytjies en boudjies
- • 12 naeltjies
- • 3 steranyssade
- • sout en swartpeper
- • 330 g eendvet
- • 2 kaneelstokkies
- Bruinbotter-mayonnaise
- Maak 250 ml
- • 250 g botter
- • 4 vars salie-blaartjies
- • 10 ml (2 t) Cointreau (lemoenlikeur, of gebruik brandewyn)
- • 10 ml (2 t) lemoensap
- • 2 eiergele
- Koolslaai
- Genoeg vir 12 klein burgers
- • 10 ml (2 t) gemmer, fyn gerasper
- • 60 ml (¼ k) witwynasyn
- • 10 ml (2 t) strooisuiker
- • 1 klein rooikool, dun gesny
- • 1 klein groenkool, dun gesny
- • ½ rooiui, dun gesny
Instructions
Brioche-broodjies
1 Gebruik ’n elektriese menger met ’n deeghaak.
2 Gooi die suiker, sout, kitsgis en broodmeel in die mengbak.
3 Meng die melk en botter en gooi stadig by die meel terwyl die masjien hardloop.
4 Meng vir sowat 10 min. tot die deeg glad en elasties is.
5 Bedek die bak met ’n skoon kombuisdoek en laat die deeg vir 1 uur rys tot dubbel in grootte.
6 Knie die deeg vir 1 min. Rol die deeg in rolletjies van 40 g. Sit die broodjies op ’n bakplaat en hou eenkant vir 30 min.
7 Smeer met die eier en strooi die sesamsaad oor.
8 Bak vir 15-20 min. of tot goudbruin en gaar.
Eend
1 Verhit die oond tot 150 °C.
2 Pak die dytjies en boudjies op ’n klein, diep oondpan uit.
3 Sny met ’n skerp messie kepe in die vel en druk die naeltjies en steranys in die kepies.
4 Geur met sout en swartpeper. Skep die eendvet bo-op en voeg die kaneelstokkies by. Bak vir 1½ uur of tot sag en goudbruin.
5 Laat effens afkoel en trek die vleis met ’n vurk in rafeltjies van die been af.
Bruinbotter-mayonnaise
1 Smelt die botter in ’n middelslagpan oor matige hitte. Voeg die salie by. Braai vir 2-3 min. of totdat die botter bruin word en neuterig begin ruik.
2 Gooi die botter deur ’n sif in ’n beker. Hou eenkant totdat die botter tot by kamertemperatuur afgekoel het.
3 Klop die Cointreau, lemoensap en eiergele in ’n klein bakkie tot net gemeng.
4 Drup die botter versigtig by die eiergele terwyl jy deurentyd klits.
5 Hou aan tot al die botter ingemeng is en ’n dik sous vorm. Geur met ’n knypie sout.
Koolslaai
1 Klits die gemmer, witwynasyn en strooisuiker in ’n groot mengbak totdat die suiker opgelos is.
2 Meng die rooi- en groenkool en rooi-ui deur die sous.
Bou die burgers
3 Stapel op elke rolletjie ’n bietjie koolslaai, fyn eendvleis, blaartjies en ’n lekker skeppie mayonnaise.