Serves:Genoeg vir 4-6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
’n Eend het nie baie vleis nie maar op die manier kan jy maklik 'n hele gesin vir 'n spesiale geleentheid voer.
1 eend
30 ml (2 e) olyfolie
2 uie, gekap
2 wortels, gekap
2 selderystingels, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
sout en gemaalde swartpeper
250 g pancetta of dik spek, in stukkies gesny
90 ml tamatiepasta
2 x 410 g-blikke heel, geskilde tamatie
500 ml (2 k) port (Cape Vintage)
bouquet garni: 'n paar takkies pietersielie, tiemie en marjolein of orego, 2 lourierblare en skil van 1 lemoen met kombuistou vasgebind
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 140 °C. Sit die eend in 'n oondpan en geur met sout. Rooster vir 1-1½ uur tot die meeste vet uitgebak het. Laat afkoel en ontbeen die eend, verwyder die vel en al die beentjies en rafel die vleis met 'n vurk uit. 2 Verhit helfte van die olie in 'n groot kastrol. Gooi die ui, wortel en seldery by en braai tot sag. Gooi die knoffel by en braai vir nog 1 min. 3 Gooi die tamatiepasta en spek by en braai tot bros. 4 Voeg die helfte (250 ml) van die port by en skraap die boom van die pan skoon. Gooi die blikkies tamatie, res van die port en bouquet garni by en prut stadig oor lae hitte. 5 Gooi die vleis by die geurige tamatiesous en laat prut vir 20-30 min. Sit die ragù met sagte polenta of pasta voor.
Met die oorskiet - onderstebo-pastei
Genoeg vir 6-8
Skep sowat 2½ k eend-ragù in 'n oondvaste pasteipan. Bedek met 1 vel blaardeeg - maak seker dat die hele pannetjie bedek is. Bak vir 30-35 min. by 200 °C tot die deeg goudkleurig en gaar is. Keer die warm pastei om op 'n opdienbord en strooi 'n hand vol vars babakruieblaartjies oor. Sny in skywe en smul.