1 Voorverhit die oond tot 140 °C. Sit die eend in 'n oondpan en geur met sout. Rooster vir 1-1½ uur tot die meeste vet uitgebak het. Laat afkoel en ontbeen die eend, verwyder die vel en al die beentjies en rafel die vleis met 'n vurk uit. Genoeg vir 6-8 Skep sowat 2½ k eend-ragù in 'n oondvaste pasteipan.Eend-ragù
Ingredients
Instructions
2 Verhit helfte van die olie in 'n groot kastrol. Gooi die ui, wortel en seldery by en braai tot sag. Gooi die knoffel by en braai vir nog 1 min.
3 Gooi die tamatiepasta en spek by en braai tot bros.
4 Voeg die helfte (250 ml) van die port by en skraap die boom van die pan skoon. Gooi die blikkies tamatie, res van die port en bouquet garni by en prut stadig oor lae hitte.
5 Gooi die vleis by die geurige tamatiesous en laat prut vir 20-30 min. Sit die ragù met sagte polenta of pasta voor.Met die oorskiet - onderstebo-pastei
Bedek met 1 vel blaardeeg - maak seker dat die hele pannetjie bedek is.
Bak vir 30-35 min. by 200 °C tot die deeg goudkleurig en gaar is.
Keer die warm pastei om op 'n opdienbord en strooi 'n hand vol vars babakruieblaartjies oor. Sny in skywe en smul.