• 30 ml (2 e) Cointreau (lemoenlikeur of brandewyn)
• 1 groot eier, liggies geklits
• hand vol pietersielie, gekap
• hand vol tiemie, van die takkies gestroop
• 50 g pistasieneute
• 50 g bosbessies
• 6 klein lemoene, sny die skille en wit vliesies af
Instructions
Verhit die oond tot 160 °C. 1 Spuit ’n 12 cm x 15 cm-brood-pannetjie met kleefwerende kossproei en voer met die spek uit. 2 Sit die eendborsie en -vel op ’n bakplaat, geur met sout en bak vir 20 min. 3 Gooi die vel weg en skep die vet in ’n bakkie uit. 4 Sny die borsie fyn. Meng die hoender- en eendvleis in ’n mengbak en hou eenkant. 5 Breek die brood in stukkies en week vir 5 min. in die melk. 6 Druk die melk uit en verwerk die brood, uie, knoffel, hoenderlewertjies, swartpeper, koljander en naeltjie tot glad. 7 Voeg die broodmengsel by die vleis. 8 Roer die kaneel, Cointreau, eier, pietersielie, tiemie, 60 ml (4 e) van die eendvet, neute, bosbessies en 5 ml (1 t) sout by. 9 Maak die pannetjie halfvol met die mengsel. 10 Pak 6 lemoene in ’n ry in die middel van die mengsel. 11 Vul die pannetjie tot bo met die res van die vleismengsel. 12 Vou stukkies spek wat oorhang bo-oor. 13 Maak die pan styf toe met foelie. 14 Sit in ’n diep oondpan, twee derde vol water. 15 Bak vir 2 uur, haal die foelie af en bak vir nog 15 min. tot goudbruin. 16 Haal uit en laat afkoel. 17 Sit in die yskas en laat heeltemal afkoel voor jy die terrien sny.