Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Baronne se partytjie is onlangs by Nederburg gevier en ’n koue, mistige dag voor die kaggel, die beste manier om ’n legende te eer. Gaste kon die 1973-oesjaar proe, wat vroeër vanjaar saam met Michael van Deventer van die Tabernakel vinoteek en Amorim SA, herkurk is. Die 2020-, 2021- en 2022 oesjare is ook geproe, om te wys hoe die wyn elke jaar dieselfde geurprofiel het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die wynskrywer, Emile Joubert, het navorsing oor Nederburg Baronne gedoen en lang gesprekke gevoer met die legendariese Nederburg keldermeester, Günter Brözel. Hy was van 1956 tot 1989 by Nederburg.
Emile was ook een van die gaste by die verjaardagvieringe en het vertel: “Ten tyde van sy bekendstelling in 1973, was Nederburg se Baronne-rooiwyn ’n groter pionier as waarvoor dit vandag erkenning kry. Die plaaslike wynlandskap in die laat sestigs en vroeë sewentigs was baie anders as vandag en Nederburg het destyds onbekende waters ingevaar.
“Günter se primêre motivering om die wyn – wat Baronne sou word – te maak, was die plaaslike wynmark se status. Suid-Afrika het ’n halfeeu gelede ’n tekort aan rooiwyn gehad, want plaaslike verbruikers het byna oornag ’n voorliefde vir droë rooiwyn ontwikkel, want hulle was op soek na ‘n alternatief vir die gefortifiseerde, soet witwyne wat toe beskikbaar was.
“Kaapse wynplase wat in droë rooiwyne gespesialiseer het, kon skielik nie by die vraag byhou nie. Motors het letterlik buite hul hekke tougestaan vir ’n boks of drie rooi, en in sommige gevalle moes plaas-eienaars klante beperk tot die aantal bottels wat hulle mag koop,” het hy vertel.
Hierdie skielike vraag na rooiwyn is vererger deur die feit dat meer as 80% van die 112 000 ha onder wingerdstokke in die Kaapse wynlande in die sewentigs, wit druifsoorte was.
Emile het voorts gesê tog wou Günter en sy span nie sommer enige droë rooiwyn maak nie. Baronne moes om onmiddellike drinkgenot bied – iets wat skaars was daardie dae, omdat die keldertegnologie en druifkwaliteit gelei het tot wyne met sterk tanniene, wat eers getem is ná lang veroudering.
“Daar word besluit om die Bordeaux-variëteit, Cabernet Sauvignon, te gebruik. Op daardie stadium het Nederburg reeks twee enkelvariëteit-Cabernet-bottelerings onder die Nederburg-etiket gemaak. Die uitdaging was egter om Cabernet Sauvignon te vind – in 1973 is slegs 2% van Suid-Afrika se wingerde met hierdie druif beplant. Om ‘n element van sagtheid aan die wyn te bring, het Günter besluit dat Baronne ’n skeutjie Shiraz, die bekende Rhône-variëteit, sou bevat. Maar as Cabernet Sauvignon-druiwe toe skaars was, was Shiraz byna nêrens nie – amptelike bedryfsrekords van daardie jaar noem nie eens Shiraz onder die kultivars wat aan die Kaap verbou is nie.”
Suid-Afrika se Wyn van Oorsprong-stelsel, wat ook in 1973 ingestel is, het die Kaapse wynlande in verskeie streke van sigbare terroir verdeel, om as ’n gids op te tree in wynmakers se strewe na goeie vrugte. Met die identifisering van wingerde vir die maak van Baronne, is groot moeite gedoen om wingerde wat deur blaarrolvirus besmet is, te vermy. Dit het ’n groot impak op die smaak van
Baronne gehad, aangesien druiwe van blaarrol-besmette plante lei tot grys tanniene, wat die stilistiese visie wat Günter vir die wyn gehad het, sou belemmer.
In 1973 het byna geen Suid-Afrikaanse wynkelders die 225l-barrique-vate gebruik wat vandag so sinoniem is met rooiwynmaak nie. Die groot foudré-houers van ou hout, wat duisende liters wyn kan hou, is gebruik om die gefermenteerde Baronne-rooi versnit te verouder. Hierdie gebruik van ouer, groter vate wat ’n sagter mate van die wyn se blootstelling aan hout verskaf, is vandag steeds een van die kern-elemente van hierdie puik Nederburg-versnit.
Die naam is geïnspireer deur die drie waterweë in die Bordeaux-streek, waar die druif sy oorprong het: die Gironde-riviermond wat in die Garonne- en Dordogne-riviere verdeel. Die klank van hierdie drie name, wat eindig met ‘n “onne”, het tot die naam ‘baronne’ gelei – ‘n dame wat grond besit wat deur die Koning aan haar gegee is. Soos die woord “baron”, impliseer dit status en adel, maar die vroulike “baronne” bied ‘n element van grasie en verfynde sjarme.
By die geleentheid is drie produsente van wie daar al vir jare druiwe vir die Baronne gekoop word en die vieringe bygewoon het, ook bedank. Hulle is Pierre Blake, Pietman Faasen en Robert Blake.
Zinaschke Steyn, rooiwynmaker, wat die afgelope paar jaar onder meer die Baronne-versnit maak, het vertel dis so lekker om 50 jaar later by Nederburg werksaam te wees. “Dis so ’n voorreg om deel van die span te wees, wat hierdie bekroonde en geliefde wyn maak. Die twee komponente van die versnit word apart gehou in die kelder. Baronne kry net soveel liefde as al ons ander wyne en word in Januarie versny – net voor parstyd.”
Sy het gesê dat Günter se idee om iets in die mark te kry wat dadelik gedrink kan word maar ook goed kan verouder, vandag steeds hul leuse met Baronne is. “Dis ’n ware Suid-Afrikaanse klassieke wyn hierdie.”
Isabel Teubes, Nederburg se wingerdboukundige, het vertel dat vruggedrewe wyne is wat nuwe generasie wyndrinkers geniet. “Baronne se vruggedrewe smaak het wegbeweeg van die groen karakter van ander wyne van daardie tye en dis waarom dit vandag gewild is onder oud en jonk.” Sy het vertel dat Baronne bogemiddelde druiwe verg en van die hele Wes-Kaap se beste blokke insluit.
Michael van Deventer van die Tabernakel vinoteek vanwaar die wyne gehaal is, het gesê sy slagspreuk met die ouer wyne wat daar gehou word, is dat jou geduld beloon sal word. “Met Baronne is dit beslis ook die geval.”
Joaquim Sa, besturende direkteur van Amorim Cork SA, sê: “Met die herkurking van die laaste oorblywende bottels 1973-oesjaar, was die eerste bottel skoon en klassiek – ’n wonderlike voorbeeld van 50 jaar oue wyn, wat goed verouder het. Ons hoef nie skaam te wees of terug te staan vir Europese wyne van dieselfde ouderdom nie.”
Lees ook: WEN Hi-Tec se nuwe reeks oefenklere!
Suzette en Skye: Sielsmaats met die liefde saamgesnoer Suzette van der Merwe…
Vanjaar se kortlys, wat van dié jaar se gemoedstoestande en gesprekke opsom, is deur OUP…
Goeie kommunikasie in ’n verhouding laat die liefde blom. Maar soms eindig verskille in ’n…
Deur Rediscover Dairy Voorbereidingstyd: 5 minute Gaarmaaktyd: 20 minute Bedien: 4 porsies Porsiegrootte: 300…
Riaan Grobler, ’n geliefde radio-omroeper by Pretoria FM asook bekende skrywer en sanger, bewys weer…
Bestanddele 45 ml (3 e) olie 4 klein lamskenkels, die sening afgesny 2 wortels,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.