kategorieë: Dra dit soMode

Een skoen, drie maniere

Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto Espadril

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Espadril-skoen met sy geweefde tousole is oorspronklik afkomstig van Spanje en gaan so ver terug as die jaar 1300. Maar in 1970 het ikone soos Yves Saint Laurent dit op die loopplanke herroep en later is dit ook met ’n wighak ontwerp vir ’n vrouliker voorkoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Opryg, gespe, inglip, blink, lap, leer … hoe jy dit ookal verkies, daar is deesdae tonne keuses!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons kies: Denim Tiger van Espadril (R950; grootte 3-8)

Dubbel denim

Denim op denim is die afgelope paar seisoene ’n groot tendens en ons weet dat mens nooit verkeerd kan gaan met denimmateriaal nie. Kies ’n buitengewone hemp om aandag te trek, maar steeds die informele en gemakstyl te behou. ’n Paar bonkige oorringe sal genoeg wees om hierdie naweekstyl af te rond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bloes (R379 H&M), Denim (R499 Old Khaki), Ode to Hepworth-oorbelle (R2 600 Pichulik)

Maksirok

Hoe kan ons nie lief wees vir dié staatmaker-rok nie? Die Espadril-skoen is ’n goeie plaasvervanger vir ’n sandaal wat mens dikwels saam met rokke dra. ’n Vroulik rok met die speelse tier-detail van hierdie skoen en denimlinte wat om jou enkel opbind, neem jou op reis na ’n somervakansie.

Oorvourok (R1 099 Sassoon), Jute-strooisak (R170 Woolworths)

’n Tikkie deftigheid

Net omdat die skoen van denimmateriaal gemaak is, beteken nie jy kan dit nie na formeler geleenthede dra nie. Trek jou stoute skoene aan, maar maak seker jou uitrusting is n hierdie geval ietwat formeler as wat jy aanvanklik sou dra. ’n Elegante broekpak is ’n wenner saam met hierdie skoen. Hou dit klassiek met monokroom-kleure en luukse juwele.

T-hemp (R379 H&M), Kantoorbaadjie en -broek (R750 en R550 Woolworths), Oorringe (R1 550 Kirsten Goss)

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

11 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

11 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

12 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

12 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

13 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.