kategorieë: Ons menseBekendes

‘Een keer om die son’: Weet pa’s altyd beter?

In Een keer om die son is daar struweling tussen Ruan (Jacques Bessenger) en Markus (Liam Bosman) met Ruan wat wil hê sy seun moet op die rugbyveld uitblink en Markus wat daarvan droom om te dans. Weet pa’s altyd beter en wat gemaak as jy teen jou pa se droom vir jou gaan?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: ‘Een keer om die son’: Hoe help jy ’n kind wat ’n ouer verloor het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

‘n Paar bekendes deel hul ervarings:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

My pa wou dat ek ’n hout- en steenkoolhandelaar nes hy word, maar in plaas daarvan was ek ’n operasanger vir baie jare. – Philip de Vos

Het kuns oorweeg op Maties, maar Pa het dit verwerp. Toe menslike bewegingskunde en sielkunde gedoen. – Lochner de Kock

Jip, ek moes my eerstejaar BSc deurkom voordat ek na BDrama kon oorslaan. Corine Broomberg

My ouers wou nie graag gehad ons moes in die vermaaklikheidsbedryf werk nie omdat hulle daarin werk en geweet het hoe hard dit is, maar ek en my broer is albei vandag in die bedryf. Llewellyn Du Plessis

My pa wou gehad het dat ek baie tale moes kon praat. Ingeskryf vir BA, maar in die ry om te registreer hoor ek ’n gesprek:

‘Wat gaan jy swot?’

‘Regte.’

‘O, dan is jy baie slim!’

En ek wou ook slim wees. Toe my beurt aanbreek, kondig ek ewe kordaat aan: ‘BJuris’.

My pa het net gesug toe ek hom later van die tiekieboks af bel. En nou staar aftrede my in die gesig. Amper vier dekades later, steeds in die regsberoep. Anschen Conradie

Ek moes onderwys of verpleging gaan studeer, maar wou drama gedoen het. Ek swot toe onderwys en beweeg aan na drama wat nou my loopbaan is. Ek was nog nooit spyt oor die onderwys nie. – Marinda Engelbrecht

Ek was ingeskryf vir kommunikasiekunde en Coenie de Villiers was die lektor. Toe raas hy met my en vra my om stil te bly in sy klas. Toe gaan swot ek drama. – Erla Diedericks

Ekself is ’n totale “misfit”. Regte studeer en in arbeidsverhoudinge en organisasieontwikkeling gaan werk, toe verkope en bemarking, en vandag het ek ’n glasveselbesigheid. In my dae was mens verseker van ’n werk as jy gegradueer is. Vandag is dit heel anders. Gaan studeer liewer in ’n rigting waar mens meer verseker is van ’n werk na die tyd, in ag genome dat werke wat vandag bestaan dalk oor vyf jaar nie meer bestaan nie. Ek glo as jy met jou hande kan werk, sal daar altyd geleenthede vir jou wees. Die wêreld benodig oral ambagslui. – Deon Bosman

Toe ek in die filmbedryf wou gaan studeer het my pa gesê: “Nee, my kind, ons gaan soek vir jou iets ordentlik om te doen”. Ek word toe ’n geoktrooieerde rekenmeester, maar 28 jaar later maak ek my eerste fliek en vandag doen ek dit voltyds. – Cobus van den Berg

Ek wou graag kuns gaan studeer, maar toe sê my pa ek moet liewer musiek gaan studeer, dan sal ek nooit sonder werk sit nie. En ja, hy was reg, maar ek beoefen my kuns as stokperdjie. Dit was die beste besluit. – Marijke Bosman

Ek het in die ry gestaan om kuns op Maties te swot, op nommer 99 vul ek toe eerder filosofie en Engels in as hoofvakke. Na drie jaar het ek my eerste rande as kitaarslaner gemaak met die Valiant Swart Band. Vyftien jaar later vra my pa: “So is jy gelukkig met die lewe van seks, drugs en rock & roll?”

Ek: “Sal dit vir niks en niemand verruil nie.”

Hy: “Solank jy gelukkig is.” – Anton L’Amour

My pa was ’n apteker. Hy het al sewe sy kinders probeer oortuig om sy beroep te volg en aptekerswese te studeer. Nie een van ons het nie, maar hy het dit aanvaar. Ek kon aan niks erger dink as ses jaar se onderrig net om ’n winkel oop te maak nie. Ek was in elk geval te dom met chemie en wiskunde. – Gerhard van Niekerk

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Vanaand op Een keer om die son

Die Van Wyks op breekpunt. Leandri weier om terug te gaan huis toe. Sebastian is op pad Peru toe. Amé vind die moed om ‘n prokureur te sien en Ruan vind meer uit oor Lani se verlede en seer.

Een keer om die son is Dinsdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Lees ook: ‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.