kategorieë: VerhoudingsJou lewe

‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is

In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani se pa wat in die tronk is en Leandri ontdek ’n geheim in haar ma se tuinhuis. Amé sukkel om Joshua se ontrouheid te verwerk ná ’n hoogswanger Sage opdaag terwyl hulle hul troubeloftes probeer hernu het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ontmoet Almero, die man agter ‘Een keer om die son’ se treffende klankbaan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As daar ontrouheid in ’n verhouding was, het die storie gewoonlik twee kante. Dis belangrik om die ontrouheid en die aard van die ontrouheid te verstaan sodat julle weet wat om in die toekoms met die verhouding te maak

Tekens dat jou maat dalk ontrou is:

  • Werk gedurig laat of is dikwels weg van die huis.
  • Die foon is dikwels af, of daar is ’n probleem met die sein. Hy antwoord vir tye nie die foon of boodskappe nie.
  • Hulle is nie ’n oomblik sonder die foon nie en neem dit selfs saam toilet of badkamer toe; of daar is toegangskodes vir die  foon of rekenaar nodig wat jy nie het nie.
  • Bankstate word weggesteek.
  • Hul gedrag verander. Hulle kan afwesig, koud, afsydig, rusteloos, moeg, geïrriteerd of skielik vol selfvertroue wees.
  • Seksuele patrone of gedrag verander. Hulle verloor belangstelling in seks, of wil vreemde dinge doen.
  • Hulle gee skielik meer aandag aan hul voorkoms: oefen meer, verloor gewig, kry ’n nuwe haarstyl en klere.
  • Jul verhouding verander. Hy/sy is meer krities op wat jy doen en lok makliker gevegte uit.
  • Jou sesde sintuig waarsku jou dat iets verkeerd is en as jy in dié rigting praat, is die ander een verdedigend en selfsaggressief. Dan is jy foutvinderig en verbeel jou.

Daar is mense wat een keer ontrou is, werklik berou daaroor het en dit nooit weer doen nie. Maar aan die ander kant is daar mense wat in die een na die ander buite-egtelike verhouding betrokke raak. Net so is ontrouheid vir baie mense die einde van die verhouding. Hulle stap uit. Ander bly vasgevang in verhoudings waarin hulle keer op keer verkul word.

Ontrouheid in ’n verhouding is ’n simptoom dat daar iewers iets fout is: óf in die verhouding, óf in een of albei mense se lewe. Daar is iets wat moet verander om die verhouding te red, of om dit vir een of albei mense moontlik te maak om in die toekoms sinvolle verhoudings te hê wat kan en sal hou. Eerlike introspeksie, oop, eerlike kommunikasie en veranderde gedragspatrone is ’n voorvereiste om persoonlike en verhoudingsgroei moontlik te maak.

Om enige sinvolle verhouding te laat slaag, is vertroue, eerlikheid, kommunikasie en sagte omgee nodig. As dit nie daar is nie, of geskaad is, moet dit ontwikkel of herstel word, anders is ’n betekenisvolle verhouding op lang termyn nie moontlik nie. Ontrouheid is dikwels juis die stimulus wat ’n verhouding kan red, verbeter en die ontwikkeling en groei kan teweegbring. Maar dan moet albei partye bereid wees om eerlik introspeksie te doen, te kommunikeer en te verander. Solank die ander persoon daarvoor verkwalik word, blokkeer dit die groei en ’n liefdevolle, gekoesterde toekoms saam.

Blaam is die dominante speletjie

Jy en jou optrede word die hoofrede vir die ontrouheid. Jy was liefdeloos, of emosioneel of seksueel afwesig, of jou voorkoms of gedrag pla. Of sy beskryf hoe sy jare lank al ongelukkig in die verhouding was; hoe swaar sy gekry en gely het.

Soms is daar nooit gepraat oor die dinge waarvan mense skielik beskuldig word nie. Of daar is wel oor gepraat, maar dit het op dowe ore geval. Ná enige vorm van ontrouheid is vertroue seker die grootste probleem. Daar is soveel emosies betrokke: skok, woede, teleurstelling, pyn, verwerping en onsekerheid. Hoe kan ek my maat ná al die leuens ooit weer vertrou?

Melanie vertel dat Janco al afsydiger geword het. “Ek kon net niks meer reg doen nie. Die kos was nie reg nie, ook nie hoe ek die kinders hanteer nie. Hy het al hoe later gewerk en was rusteloos en geïrriteerd wanneer hy by die huis was. Hy was aan sy selfoon vasgeplak. Selfs op vakansie het hy gedurig buite gaan staan en op die foon gepraat en gerook. Ons het gedurig baklei. Hy het skoor gesoek en as ek kwaad word, was ek skuldig. Ek kritiseer hom. Alles was my skuld. As hy iets vergeet het, was dit omdat ek hom nie herinner het nie. Ek ontken nie my perfeksionisme en vinnige humeur nie. Of dat ek nie altyd vir seks lus was nie. Jy weet, ek werk ook heeldag en moet vir die kinders sorg. Maar dit was nie altyd so nie.

“En toe bars die bom toe ek sy selfoonstaat in die hande kry en die nommer bel wat hy so dikwels skakel en ’n vrou antwoord. My lewe het in duie gestort. Ek weet nie hoe ek myself hieruit gaan lig nie. Jy weet, hy is nie daardie soort ou nie. En nou is hy kwaad vir my en kry ek die skuld vir alles. Ek is so deurmekaar, ek het geen idee wat nou nie.”

Andrew Marshall sê in sy boek How Can I Ever Trust You Again dat maats verskeie soorte ontroue speletjies speel. En die soort ontrouheid bepaal die erns van die probleem, en die kans om die verhouding en vertroue te herstel.

Onskuldige pret, ’n ongeluk of ’n speletjie

Die affair is ’n speletjie waarin die reëls vaag geraak het en nooit moes gebeur het nie. Dikwels beskou die ontroues dit bloot as onskuldige flankering, wat albei se ego’s gestreel het. Dié soort ontrouheid begin dikwels onskuldig by die werk, of tussen bestaande vriende as ondersteuning vir iemand met ’n probleem. Die aanvanklike onskuldige koffiedrinkery steek die lyn van onskuldige ondersteuning oor. Hulle raak emosioneel betrokke.

Die soort verhouding hou gewoonlik nie lank nie en is nie noodwendig seksueel van aard nie. Dit behels flirterende e-posse en boodskappe en geheime ontmoetings. Maar die risiko, gevolge en skuldgevoelens wat dit vir hul verhouding met hul lewensmaat kan inhou, oorweldig gewoonlik die plesier wat die persoon uit die verhouding kan kry.

Dis ’n noodkreet om hulp

Dit vind gewoonlik plaas as daar ’n ruk lank al ongelukkigheid en onvervulde behoeftes in die verhouding was wat op dowe ore geval het. Die verhoudingsprobleme is geïgnoreer. Dikwels verberg een of albei hulle in hul werk en ander verantwoordelikhede. Maar een party voel uitgesluit, alleen en sonder hoop, wat die persoon baie weerloos vir die aandag en liefde van ander maak. Dikwels begin sulke verhoudings op die internet. Die ontroue maat doen gewoonlik nie te veel moeite om die spore van ontrouheid te verdoesel nie. As die verhouding op die lappe kom, voel die maat skaam, skuldig en het berou. Daar is gewoonlik nog baie emosionele energie in die verhouding en ’n bereidwilligheid om aan die verhouding te werk en die probleme op te los.

Ek neem wraak!

Hierdie mense dink hulle het die reg op ’n affair omdat hul maat hulle so seergemaak het. Dit gebeur meestal juis om ’n maat terug te kry vir ontrouheid. Hulle het dikwels passief-aggressiewe gedrag, omdat dit vir hulle moeilik is om uiting aan hul onderdrukte woede teenoor hul maat te gee. Dan probeer hulle hul maat seermaak met ’n affair om beter oor hulself te voel, te voel hulle kry beheer en om weer geliefd, begeerlik en sexy te voel. Dit skep die illusie van ons maak die speelveld gelyk. Hierdie verhoudings is gewoonlik van korte duur.

Ek het dit nodig vir selfmedikasie

Dit gebeur dikwels in die middeljare wanneer ’n verhouding ’n geruime tyd al sonder vonkel en intimiteit is. Al wat oorgebly het, is gewoonte, gedeelde verantwoordelikhede en moeilikhede, die kinders en ’n vergete huweliksbelofte. Andersins lewe hulle afsonderlike lewens, dikwels in verskillende slaapkamers – wat ’n ideale teelaarde vir ’n affair is. Sulke mense het soms maande of jare laas seks gehad.

Op die oppervlak leef albei op sy eie manier met die situasie saam. Dis sleg, maar nie so sleg dat hulle kans sien vir die onaangenaamheid van ’n egskeiding nie. Die ontroues glo dan hulle het ’n affair nodig om hul miserabele bestaan leefbaar te maak; om te voel daar is nog iemand wat hulle begeer en hul selfbeeld ’n hupstoot gee. So ’n affair hou gewoonlik ses maande of langer, en kan ’n verslawing word, wat herstel van die verhouding bemoeilik.

Lees ook: ‘Een keer om die son’: Hoe help jy ’n kind wat ’n ouer verloor het?

Die Don Juan-speletjies

Don Juan is die legendariese verleier en vrouejagter. Hy bemin vurig, oorrompel vroue met aandag, geskenke, mooi woorde en beloftes en laat hulle spesiaal en begeerlik voel. En daarmee haal hy hulle vinnig tot ’n seksuele verhouding oor. Maar agter hom lê ’n bloedspoor van stukkende harte, verbreekte verhoudings, opgebreekte gesinne en woedende familielede. En hy of sy doen dit keer op keer, erken selde die ontrouheid en verdwyn sodra daar konflik kom. Maar kom terug en kan dan met oorgawe om vergifnis vra, vurig liefde maak en die mooiste dinge belowe.

Hul lewensmaats voel hulle kan nie met of sonder hulle lewe nie. Jy kan hulle nie vertrou nie, maar as hulle daar is, is hulle passievol, liefdevol en op jou ingestel en laat jou so goed voel. Op die oppervlak is hulle gaaf en vol selfvertroue, maar daaronder skuil ’n onseker self en swak selfbeeld, wat ander se bewondering nodig het. Hulle het dikwels meer as een affair gelyk. Hulle hou nie van konflik nie en sal selde ’n verhouding beëindig. Hul ontnugterde, moeë lewensmaats wat nie meer vir die leuens en wantroue kans sien nie, verbreek gewoonlik die verhouding.

Die driehoek

In hierdie verhouding sal die bedrieër dit stel dat sy lewensmaat én die minnaar baie vir hom beteken en dat hy nie kan kies nie. Dié soort verhoudings duur dikwels lank, selfs jare. Die ontrouheid het van ’n hanteringsmeganisme na ’n lewenswyse verander. As daar probleme in die een verhouding is, beweeg hy na die ander een se arms. Wanneer so ’n verhouding op die lappe kom, kan die ontroue dán by die minnaar en dán weer by die lewensmaat bly en sukkel om te kies. Dikwels sluit lewensmaats hul oë vir die buite-egtelike verhouding. Wanneer hulle wel hul lewensmaat kies, raak hulle dikwels weer in sulke verhoudings, of selfs by die vorige minnaar betrokke. So ’n verhouding het slegs hoop as daar werklik eerlikheid en toewyding is om aan die verhouding te werk, anders is dit nutteloos om te probeer.

Ek het behoefte aan meer

Dié soort verhoudings kom dikwels in mense se middeljare voor wanneer hul lewe by ’n kruispad kom en hulle ontnugter voel met wat hulle bereik het; of hulle vergelyk hul lewe met ander se lewenstyl, besittings en ervarings. Dan bevraagteken hulle hul lewenskeuses en voel daar moet meer in die lewe wees. Die verhoudings wat nou aangeknoop word, duur meestal nie lank nie en is seksueel van aard. Hulle was meestal tevrede met hul lewensmaat, maar wonder hoe dinge of seks met iemand anders sou wees. Hulle het behoefte aan verandering, opwinding en nuwe dinge. Hulle wil hulself en wat hulle in die lewe wil hê, kry. Hulle ontdek dikwels (en soms te laat) dat die gras nie noodwendig groener anderkant die draad is nie. Dit is dikwels ’n mors van energie om hulle van hul onrealisme te probeer oortuig – tot hulle dit self ontdek.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

My liefde vir jou is dood – ek gaan jou verlaat

In so ’n verhouding stuur die persoon ’n duidelike boodskap: Ons verhouding is verby. Ek het iemand anders lief. Ons verhouding en kommunikasie het onherstelbaar verbrokkel. Dan is daar soveel negatiewe emosies en gedragspatrone dat daar nie meer salf aan die verhouding te smeer is nie. Hulle lewe afsonderlike lewens, deel min emosionele dinge, en kommunikasie is dikwels koud, bitter, verwytend en afbrekend. erstel van vertroue ná ontrouheid is meestal ’n lang en ’n moeilike, maar ’n moontlike proses. Dit gaan oor baie meer as om maar net jou maat te vergewe.

Om maar net te vergewe is dikwels ’n poging tot ’n kitsoplossing wat selde standhoudend is. Daar is selde hoop as die bedrieër reekse vorige affairs gehad het. Maar as dit jou maat se eerste ontrouheid was, is die prognose beter. Die beste prognose is wanneer jou maat die verhouding bely het sonder dat sy of hy betrap is en werklik berou toon. Maar dis belangrik om ná ontrouheid met omsigtigheid en realisme die moontlike herstel van die verhouding te oorweeg.  

Wat is die kans op ’n herhaling van die ontrouheid? Het albei die emosionele kapasiteit en wil om dit te maak werk?

’n Ontroue maat verkul nie net sy of haar maat nie, maar beroof hom/haarself van geluk en ’n betekenisvolle verhouding en gesinslewe. Dinge tussen julle sal moeilik weer presies dieselfde as voorheen wees, maar dit kan weer goed en selfs beter as voor die ontrouheid wees. Maar dan moet julle weer gedeelde belange en intimiteit vind om jul liefde met vonkel te laat herleef én mekaar op elke moontlike manier hierin ondersteun.

Hier is ’n paar aanhalings oor affairs, ontrouheid en vergifnis.

  • “As jy met ’n man trou wat sy vrou verkul het, sal jy getroud wees met ’n man wat sy vrou verkul.” – Ask Ann Landers, ’n Amerikaanse rubriek wat van 1943 tot 2002 verskyn het
  • “Om iemand te verkul is nie altyd soene, aanraking en om te flirt nie. As jy teksboodskappe van jou foon uitwis sodat jou ander helfte dit nie sien nie, is jy reeds daar.” – Onbekend
  • “Dit is hoe oneerlikheid en verraad begin; nie met groot leuens nie, maar met klein geheime.” – Die Amerikaanse skrywer Amy Tan
  • “Affairs begin nie in die slaapkamer nie. Hulle begin met gesprekke.” – Onbekend
  • “Die swakkes kan nooit vergewe nie. Om te vergewe is ’n eienskap van die magtige.” – Mahatma Gandhi
  • “Vergifnis is nie iets wat jy elke nou en dan doen nie; dit is ’n konstante instelling.” – Marin Luther King Jr.
  • “Luister. Skuif die gewig van jou skouers en beweeg vorentoe. Jy is bang dat jy dalk mag vergeet, maar jy sal nooit nie. Jy sal vergewe en onthou.” – Die Amerikaanse skrywer Barbara Kingsolver
  • “Toe ek deur die deure van die tronk gestap het na die hek wat my vryheid sou beteken, het ek geweet as ek nie die bitterheid en die haat agterlaat nie, sal ek steeds in die tronk wees.” – Nelson Mandela
  • “Die wond is die plek waar die Lig jou binnekom.” – Die Persiese digter en filosoof Rumi
  • “Moet nooit die vermoë van ’n man wat jou laat skuldig voel oor sy foute onderskat nie.” – Die sangeres Rihanna
  • “Moenie iemand verkul as jy nie verkul wil word nie. ’n Verhouding het twee kante. Dit is die goue reël.” – Die skrywer en lewensafrigter Israelmore Ayivor
  • “Hoe meer jy ’n leuen verdedig, hoe kwater gaan jy word.” – Die Amerikaanse skrywer Mitch Albom
  • “Verkullers dink nie dit is verkeerd nie tot iemand hulle verkul.” – Sonya Parker, skrywer van selfhelp-boeke
  • “Om te verkul is ’n keuse. Einde van die storie.” – Die verhoudingskenner en skrywer Charles J. Orlando

Een keer om die son wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook beskikbaar op Catch Up op DStv Stream.  

Lees ook: Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters

Bak hierdie koekies vir die vakansiekoekblikke. Die hawermout verlaag die GI van die koekies sodat…

7 hours Gelede

Word die ‘miljoenrandvraag’ dié lente op kykNET beantwoord?

Is dit ’n kwessie van “heerlike lente” vir vasvraprogram-foendies wanneer Wie word ’n Miljoenêr? in…

7 hours Gelede

14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

Dis somer, en nou slaap jy nog slegter. Wat alles kan jou wakker hou, en…

23 hours Gelede

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Daar is uitdagende ontwerpe en dan is daar die uitdaging van ’n ateljee-woonplek! Hoe pas…

1 day Gelede

Marinda Engelbrecht se tjipshoender

Haar resepteboek Marinda se koskas bevat resepte vir lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan…

1 day Gelede

Familievervreemding: Wanneer vriende die nuwe familie word

Deur Anne Marais     In die immergewilde Friends wat tot ʼn paar jaar gelede…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.