kategorieë: Ons menseBekendes

‘Een keer om die son’: Die byspelers wat die prentjie help inkleur

Isadora Verwey speel die rol van Suster Karen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Isadora het drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en is die dogter van die akteur Louw Verwey.  Sy het haar TV-debuut in 1993 as Wesselina van Eeden in Die Manakwalanners gemaak. Sy was deur die jare ook te sien in Suidooster, 7de Laan, Villa Rosa, Getroud met rugby en Erfsondes en was in verhoogproduksies, onder meer Equus, Mooi Maria en Die koning sterf te sien. Isadora met haar eiesoortige stem is ook ’n talentvolle stemkunstenaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Angelo Bergh is Gert Smith

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gert, die boelie wat saam met Markus in die rugbyspan is, word vertolk deur Angelo Bergh. Angelo kom van Riversdal en het op skool aan toneelkompetisies deelgeneem en het só ’n rol in Suidooster losgeslaan. Hy het drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en sy loopbaan skitter voor die kamera en op die verhoog. Hy is vanjaar onder meer vir twee Kanna-toekennings benoem, een as beste manlike byspeler vir Su’walla Kassam en een as beste opkomende kunstenaar.

Antoinette Louw is Juffrou Marianne

Antoinette, wat drama aan die Universiteit van die Vrystaat studeer het, het naam gemaak as Inge in 7de Laan en was daarna te sien in verskeie reekse onder meer Die Byl, Swartwater en Fraksie. Van haar verhoogwerk sluit in Amper, Vrystaat waarin sy saam met Milan Murray en Cintaine Schutte onder leiding van Nico Scheepers gespeel het. Vir haar rol in die speelfilm Die laaste tango het sy die SAFTA-toekenning as beste aktrise gewen en vanjaar is sy te sien in Die dekonstruksie van Retta Blom wat by die Silwerskermfees debuteer.

Adriaan Havenga is Dr. Jean Petersen

Adriaan het drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en is nie net ’n talentvolle akteur en stemkunstenaar nie, maar ook ’n skrywer. By die Fiëstas in 2023 het hy twee toekennings gewen, een as beste opkomende kunstenaar en een vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks vir In die grys. Adriaan is te sien in Som van twee, die speelfilm wat vanjaar by die Silwerskermfees debuteer. Ook in die rolverdeling is Louw Venter, James Borthwick en Greteli de Swardt. Die regisseur en draaiboekskrywer is die aktrise Simoné Pretorius.

Lee-Ann van Rooi is Dr. Beth Hendricks

Lee-Ann het drama aan die Universiteit van Kaapstad studeer en is sonder twyfel een van die talentvolste aktrises van haar generasie. Net die toekennings wat sy deur die jare gewen het bevestig dit: van Fiësta-toekennings vir The Woman Who Fed the Dogs, Kinnes, Rondomskrik en Bidsprinkaan tot ’n Fleur du Cap (ook vir Rondomskrik). Lee-Ann het begin naam maak in die sitkom Fishy Fêshuns en het deur die jare gewys dat sy ewe gemaklik is in komedie en drama, op die verhoog en voor die kamera en as vervaardiger en regisseur. Sy is die afgelope tyd te sien in Skemergrond op kykNET&kie asook Mince jou hare en Spinners op Showmax en die speelfilms Frankie & Felipé en Die tragiese saak van Pamiena Vermaak.

Vanaand op Een keer om die son

Ruan bid vir ‘n wonderwerk langs Leandri se hospitaalbed. Amé tree in en Markus maak vir die eerste keer oop oor sy kwaad en seer. Elma en Sebastian ontvang skokkende nuus. Sophia beplan ‘n begrafnis en almal kry ‘n taak.

Een keer om die son wys Dinsdagaande om 20:0 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook beskikbaar op Catch Up op DStv Stream.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

2 days Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

3 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.