kategorieë: Bekendes

Edwin Theron wen kykNET se Kokkedoortjie!

Edwin Theron het in die finale episode van Kokkedoortjie, wat Woensdagaand uitgesaai is, teen Christi Myburgh (14) van Bloemfontein meegeding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Edwin en Christi moes ’n driegang-spyskaart vir die beoordelaars, Mari-Louis Guy en Nic van Wyk, voorberei. Die kersie op die koek vir Edwin was sy weergawes van ’n Avokado Ritz as voorgereg, cordon bleu as hoofgereg en sy spyskaart is afgerond met ’n sjokoladopoeding met kersies. Dié drie treffergeregte het hom die Kokkedoortjie-wennerstitel besorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek kan steeds nie glo ek het gewen nie, want Christi is ongelooflik goed in die kombuis met baie koskennis”

Vir Edwin is dit belangrik om die lewe voluit te lewe en kanse te vat. Hy het egter nooit gedink hy gaan wen nie en het aanvanklik net vir die lekkerte ingeskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kokkedoortjie het my lewe verander en ek is nou trots om vir die wêreld te wys dat ek daarvan hou om te kook!”

Edwin se hoofprys is ’n Meditereense bootreis, geborg deur Pentravel en hy vertrek op Saterdag (1 Julie 2017) saam met sy ma, Marietjie, en suster, Martli op hierdie droomvakansie.

Christi stap ook met ’n ongelooflike prys van Pentravel weg en hy en sy gesin vertrek binnekort op ’n vakansie na Mauritius.

Kitsfeite oor Edwin

  • Edwin het vier van Kokkedoortjie se twaalf uitdagings gewen (die finale episode ingesluit)
  • Hy is op 7 Februarie 2004 in Worcester gebore
  • Edwin gaan skool op Worcester-Noord Primêre Skool en is in graad 7
  • Sy ma, Marietjie, is ’n bekende pediater in Worcester en sy suster Martli is 15 jaar oud
  • Edwin doen talle buitemuurse aktiwiteite en neem onder meer deel aan stoei, hokkie en skaak, terwyl hy ook in die skoolkoor sing

Nóg goeie nuus!

kykNET is opgewonde om aan te kondig dat daar ’n opvolgreeks vir Kokkedoortjie gaan wees, maar dié keer met ’n baktema. kykNET soek nou reeds deelnemers, tussen 9 en 13 jaar oud vir Koekedoortjie, terwyl Mari-Louis Guy en Nic van Wyk weer die septer, of eerder die klitser, sal swaai in die Koekedoortjie-kombuis.

Voornemende deelnemers kan ’n e-pos stuur na koekedoortjie@homebrewfilms.tv, 021-422-3452 bel vir meer inligting of kyknet.tv besoek. Inskrywings sluit 25 Augustus 2017.

Aanhangers van Kokkedoortjie kan ook uitsien na ’n kookboek oor die reeks, wat deur Errieda du Toit saamgestel is. Dit sal vanaf 19 Julie 2017 te koop wees en bevat talle resepte uit die reeks en die beoordelaars deel ook resepte waarvan hul eie kinders baie hou.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

1 day Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.