Suid-Afrika se gewildste lys van restaurante vereer vanjaar (vir die tweede opeenvolgende jaar) weer die beste eetplekke in die land. Die wenners van die Eat Out Mercedes-Benz Best Everyday Eateries vir 2016 word bepaal deur die restaurante (in verskillende kategorieë) volgens 5-ster graderings. Die resultate word bepaal deurdat lede van die publiek vir hul gunstelingrestaurante stem. Daar is vanjaar ook drie splinternuwe kategorieë op die lys.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
• Best African Eatery
• Best Asian Eatery
• Best Bistro
• Best Burger Eatery
• Best Coffee Shop
• Best Country-Style Eatery
• Best Indian Eatery
• Best Italian Eatery
• Best Seafood Eatery
• Best Steakhouse
• Best Food Truck (*nuut)
• Best Tapas Eatery (*nuut)
• Best Mexican Eatery (*nuut)
Anelde Greeff, Eat Out se uitvoerende redakteur, sê: “In antwoord op die skare se gunstelinge en om die jongste kos- en restaurant-trends regoor die land te reflekteer, het ons besluit om nog drie kategorieë vir 2016 in te sluit.”
Mercedes-Benz is weer die hoofborg van vanjaar se toekennings.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Lede van die publiek word genooi om, regdeur die jaar, Eat Out se webblad te besoek waar hulle die standaard van die verskeie eetplekke kan bepaal en resenseer. In elke kategorie vir elke provinsie sal die restaurante met die hoogste tellings tussen Oktober 2015 en 30 September 2016 kwalifiseer en by vanjaar se Eat Out Mercedes-Benz Best Everyday Eateries bekroon word. Daar sal twee geleenthede hiervoor wees, een in Kaapstad en een in Gauteng. Restaurante wat goed vaar in hul kategorie maar nie aan al die kriteria voldoen om te wen nie, kom in aanmerking vir Highly Recommended-sertifikate.
Jy kan ook stem of een (of meer) van die restaurante resenseer. Besoek www.eatout.co.za en stem vir jou gunstelingrestaurant.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.