kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die veiligste dwelms – wetenskaplik gelys

Deur Salomé Delport. Foto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Watter dwelms is “veiliger”?

Toegegee, daar is nie regtig iets soos “veilige” of “goeie” dwelms nie. Maar mens wonder tog: is party dalk minder skadelik? ’n Glasie wyn is immers nie tik nie, en slaappille is op voorskrif te kry. Almal kan sekerlik nie ewe nadelig vir jou wees nie? Dit lei mens tot die volgende taamlik kontensieuse punt: watter dwelm is die veiligste?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die eerste feit om in gedagte te hou, volgens Dr David Nutt van die Britse Independent Scientific Committee on Drugs, is dat herhaaldelike misbruik jou liggaam op een of ander manier gaan aantas. Jy is vry om jou soort gif  te kies, maar jy kan nie kies wat dit aan jou doen nie.

En dit is presies waarna Dr. Nutt se span gaan kyk het: watter nadele hou elke dwelm in en wat is die somtotaal vir elkeen?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soos jy weet, kan mense wat tik gebruik lelike tandverrotting verwag; dagga kan lei tot oorgewig of ’n hartstilstand, met sterftes onder selfs jong gebruikers; gebruikers van kokaïen kan verwag om bloed uit te hoes en kan nierskade opdoen. Rokers moet maar bedag wees op kankers en hartsiektes, drinkers op lewerskade en Parkinsonsiekte, en so aan.

Daarby is die skades is nie net fisiek nie. Dwelms verander die manier waarop jou brein funksioneer – aan die begin dalk net tydelik maar meestal permanent soos jy dit langer gebruik. Dwelmgebruikers se gesinne en veroudings word ook beïnvloed. Dit gaan jou werk beslis raak en jou vermoë om goed geld te verdien. En vanselfsprekend gaan dit jou geld opslurp. Jy gaan dit finansieel vóél. Daarby word die meeste dwelms sterk gekoppel aan motorongelukke, geweld, misdaad en moord.

Hoe die lys van ergste dwelms opgestel is

Gebaseer op al hierdie gesamentlike nadele van enige enkele dwelm het Dr Nutt en sy span die impak van die algemeenste dwelms ge-evalueer en met ’n lys vorendag gekom waarvolgens dwelms in rangorde geplaas is.

Aan elke dwelm is ’n punt uit honderd gegee, gebaseer op die effek op jou gesondheid,  jou sosiale verhoudings, finansies en skade aan die breë gemeenskap wat van ongelukke tot misdaad en moord insluit.

Nota ’n Lae telling is nie ekwivalent aan “veilig” nie. Almal op die lys is skadelik. Dink so daaraan: in plaas van elkeen se punt as ’n plus te sien, plaas in jou gedagtes ’n minus-tekentjie voor die syfer. ’n -6 vir magiese sampioene is baie meer realisties as +6. ’n Ses laat dit onbedoeld lyk, asof daar so effense voordeeltjie daaraan verbonde is.

Hoe dwelms vergelyk en watter die meeste nadele in totaal inhou

Nommer Een op die lys  is …

70/100 Alkohol
55/100  Heroïen
54/100 Crack (kokaïen wat gerook word)
33/100  Metamfetamien (tik, meth, crystal meth)
28/100  Kokaïen (wat gesnuif word)
27/100 Tabak (nikotien, sigarette)
23/100  Amfetamien
20/100 Dagga
19/100   GHB (G)
16/100 Bensodiasepiene (slaappille, Rohypnol)
16/100   Ketamine (Ket)
15/100   Metadoon (’n opioïed, pynpil)
13/100   Mefedroon (white magic, meow-meow)
10/100   Butaan (aanstekergas)
9/100     Anaboliese steroïede (spierbouers)
9/100     Khat (’n plant waarvan die blare gekou word)
9/100     Ecstacy (E)
8/100     LSD
7/100     Buprenorfien (pynstiller)
6/100     Magiese sampioene

Lys van dwelms wat die nadeligste is vir jou gesondheid

Wat as mens skade aan jou geldsake, motorongelukke en misdaad weglaat en net kyk na skade aan jou eie liggaam en verstand? Dan lyk die skadelikste dosyn dwelms so:

  1. Crack
  2. Heroïen
  3. Metamfetamien (tik, meth, crystal meth)
  4. Alkohol
  5. Kokaïen
  6. GHB
  7. Tabak (nikotien, sigarette)
  8. Amfetamien
  9. Ketamine
  10. Bensodiasepiene (slaappille, Rohypnol)
  11. Mefedroon
  12. Dagga

Verrassend, né?

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.